Welkom by myAfrikaans!

Geldeenheid
Knowledge is everything

Anna Eksteen het vir baie jare in ’n restaurant gewerk en net soos wat sport, brei, kralewerk vir mense ’n stokperdjie is, is die samestelling van resepte boeke haar stokperdjie. 

Dit gebeur so dikwels dat vroue 'n aanloklike resepte sal sien by familie of vriende, dan skryf hulle dit gou neer vir die resepteboek wat hulle "eendag" gaan opstel; dit realiseer nooit en al die lekker resepte is vergete. 

Met Anna Eksteen se e-resepteboeke, is dit altyd maklik en naby. 

Bredies en kasserol geregte is die volmaakte staatmaker vir die meeste maaltye. Alhoewel lank en stadige kook die meeste van die tyd noodsaaklik is, maak die gereg wat op die tafel geplaas word die lang wag die moeite werd.

Lees verder
Geplaas in Nuus deur André Beukes

20% Korting op die eBoeke wat die afgelope week die meeste besigtig is!

Anderkant die scrap

Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant die scrap.

Lees verder
Geplaas in Nuus deur André Beukes
Ná sy aftrede het Frederick J. Smith (62) verveeld geraak. Toe begin hy hygromans skryf. Hoekom? Want, sê hy, Afrikaanse liefdesromans kort oemf! Sy nuutste erotiese boek, Maskers, is onlangs bekend gestel. Dit is die derde boek in die fiksie-trilogie Geen groter erfenis. Smith gee die boeke self uit en het al 630 boeke in lande soos Nederland en Australië versprei. Hy was 26 jaar lank ’n ingenieur in die lugmag voordat ’n driedubbele hartomleiding hom gedwing het om af te tree.
Lees verder
Geplaas in Nuus deur André Beukes

Meer as 750 eboeke in Afrikaans wat by NB-Uitgewers se onderskeie drukname verskyn het, is nou ook aanlyn as e-boeke ook beskikbaar by myafrikaans.com. Dit sluit in topverkoper-boeke deur Deon Meyer, Marita van der Vyver, Anchien Troskie, Dana Snyman en Ena Murray. Die e-boeke kan op enige e-boekleser, tablet, rekenaar of slimfoon gelees word. 

Lees verder
Geplaas in Nuus deur André Beukes

Aan die begin van die Franse Revolusie sit Baron Jacques Rousseau sy twee dogters en kleindogter, op ‘n skip Kaap toe. Hy hoop dat sy dogter haar stukkende lewe daar sal kan herstel, waar niemand hulle ken en kan veroordeel nie. Die plan is dat hy en sy vrou, hulle later sal volg. Daar is egter soveel haat, verraad, jaloesie, moord en doodslag, om van al die seerowers nie te praat nie, dat die dogters die Kaap van Storms nooit bereik nie. Dit vind die Baron en sy vrou eers uit wanneer hulle maande later self in die Kaap aankom en niemand van die kinders weet nie. Kliek hier om die eBoek te koop!

Lees verder

Etikette:

Geplaas in Nuus deur André Beukes

Op Oshikango naby die grens tussen Angola en die destydse Suidwes-Afrika breek die hel los. In die loopgrawe krimp jong soldate ineen. Skaars ses maande gelede was die meeste van hulle nog op die skoolbanke, nou sit hulle in die vuurkring van die vyand vasgevang, ’n kring wat meedoënloos om hulle toetrek . . .

Kliek hier om die eBoek te koop!

Lees verder

Etikette:

Geplaas in Nuus deur André Beukes