Afrikaanse eBoek leer jou kind van geld!

Abstrakte onderwerpe soos “geldsake” is nie altyd maklik om te verduidelik aan ons kinders nie! Daarom het Leoni Webster (finansiële bestuurder) en Annelie Sdralis (onderwyseres), die reeks spesiaal ontwikkel vir ouers en kinders.

Die eerste Afrikaanse eboek oor geld vir kinders, Wat is in die geel koevertjie?, is ‘n lekkerlees-boek met pragtige illustrasies deur Alistair Ackermann.

Dit bevat hope pret - met slimkop vragies, speletjies en uitstappie-idees oor geld!

"Hierdie oulike storie oor geld lewer ‘n waardevolle bydrae tot kinders se finansiële opvoeding.”

Jannie Rossouw, Waarnemende Sekretaris - SA Reserwe Bank

“Baie volwassenes weet min van geldsake en stoei lewenslank hiermee. Die boek beloof om ‘n reuse rol te speel om die nuwe generasie te verryk, letterlik en figuurlik.

Dawie Klopper, Beleggingsekonoom, PSG Konsult

Koop die Afrikaanse eBoek teen die spesiale prys van R42.00!