Prof Cartens het in die skryf van die Afrikaanse eBoek alle taalkundige publikasies oor die Afrikaanse taal wat sedert 1994 verskyn het geraadpleeg en  dit op 'n intensief  taalwetenskaplik verantwoorde wyse in Norme geintegreer.

Wat die praktiese gebruik van Afrikaans betref, veral waar taalprobleme soos vrae oor die grammatikaliteit/ aanvaarbaarheid van sinne sowel as die pragmatiese gepastheid daarvan in sekere kontekste, opduik, bied Norme gesaghebbende leiding.

Die taalkundige leiding in die teks word gekomplementeer deur die aanduiding en bewusmaking van die nodige Afrikaanse naslaanbronne. Die bibliografiese besonderhede van hierdie Afrikaanse naslaanbronne sowel as van woordeboeke en woordelyste in Norme is klaarblyklik die omvattendste weergawe daarvan in 'n Afrikaanse handleiding oor normatiewe taalgebruikskunde. Tematies gee die boek leiding oor drie hoofsoorte taalnorme, naamlik universele, interne en eksteme norme.

Kliek hier om die insiggewende Afrikaanse eBoek oor die norme van die Afrikaanse taal teen 40% korting te koop.