Verassende uittreksel uit die Afrikaanse eBoek Mieke rock uit, waarin die 25-jarige, pasgeskeide Mieke die pad vat saam met haar sussie Kayla en ‘n band genaamd “Siek”: Mieke klap die kattebak van haar Chico hard toe. Maar die ding spring terug en tref haar amper in die gesig. “Kaylaaaa!” roep-skree sy. Kayla verskyn in die voordeur. “Jy sal jou koelsak voor by jou moet hou.” Mieke maak die kattebak heeltemal oop, tel Kayla se drankvoorraad met ’n gesukkel uit. Kayla tuit haar mond. “Maar Darling en al haar stuff moet ook nog inpas, onthou?”

Mieke asem stadig in. Hier staan sy, karretjie gepak vir die Siek Pad Partytjie (soos Kayla dit gedoop het), voor haar ouerhuis op ’n laatmiddag in Pretoria. Wat het met haar gebeur?

Was dit omdat die onderhoudvoerder by die aanlyn-tydskrif haar duidelik laat verstaan het dat honderde ander kandidate vir die vertaalpos aansoek gedoen het? Of was dit omdat hulle haar nooit vir ’n tweede onderhoud gebel het nie? Was dit toe dat iets in haar brein uitgehaak het?

 

Lees verder by NB Uitgewers

Koop die Afrikaanse eBoek hier!

Afbeelding: Rapport