Boekresensie: Wildernis deur Wilbur Smith: Litnet #eBoeke

Wildernis (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek #eBoeke

Price: Check Price
Die Eerste Wêreldoorlog gooi Sean Courtney en die skerpskutter Mark Anders se lot saam toe hulle in die loopgrawe in Frankryk ontmoet. In ’n ongerepte wildernis in Suid-Afrika bereik Mark se verterende liefde vir die eiesinnige Storm Courtney ’n hoogtepunt, terwyl sy bloedige stryd met Sean se vervreemde seun, Dirk, op die spits gedryf word. […]

Org Potgieter

Resensies

2017-01-05

Sean Courtney het sy fortuin op die Goudvelde gemaak en in die Boereoorlog en die Eerste Wêreldoorlog geveg. In sy laaste verskyning in die reeks is hy ’n staatsman wat op bewaring ingestel is, hoewel hy vroeër self ’n yslike bydrae gelewer het tot die vernietiging van enorme troppe wild.

Hierdie boek, uitgegee as A Sparrow Falls was, soos sy voorgangers in die jare sewentig, in Suid-Afrika verbied en kan nou vir die eerste keer ook in Afrikaans gelees word.

Wilbur Smith is hier weer, soos in al sy ander boeke, die meesterlike storieverteller wat gelaagde karakters met uiteenlopende persoonlikhede – goed en sleg – saamsnoer in ’n verhaal wat op ’n spannende einde afstuur. Hy slaag puik daarin om teer liefde en seks en gewelddadige tonele oortuigend te beskryf (die hoofrede vir die boek se aanvanklike verbanning in Suid-Afrika).

Sy vyandige vervreemde seun, Dirk, en sy dogter, Storm, vorm twee van die hoofkarakters in die boek tesame met die jongeling Mark Anders, wie se bevelvoerder, Courtney, in die Groot Oorlog was. Die eerste deel van die boek handel dan ook oor gebeure op die slagvelde in Europa.

’n Hegte vader-en-seun verhouding ontstaan tussen Courtney en Anders. Dirk se lewe word deur geld en mag oorheers en sy toe-eiening van groot bewaringsgebiede en die uitwissing van leeus, buffels en ander wild in Zoeloeland lei tot gewelddadige konflik met sy pa en Anders. Die saad hiervoor was geplant  toe Anders met sy terugkeer uit die oorlog ontdek het dat Dirk die instigeerder was van die moord op sy vader en die besitname van die familieplaas Andershoop.

Tussendeur onderneem Anders talle reise en navorsing in die wildernisgebied en vestig hy ná talle episodes tussen hulle uiteindelik ’n goeie vriendskap met die Zoeloekryger Pungushe. Wilbur Smith se beskrywing van die ongerepte aarde en die vriendskap tussen twee mense van heeltemal uiteenlopende kulture, gebruike en gewoontes getuig van goeie navorsing en bied waardevolle insigte aan wie ook al die leser is.

Die mynopstande van 1922 – toe wit mynwerkers hulle met geweld verset het teen afdankings ter wille van goedkoper swart en ander ingevoerde arbeiders – vorm ook ’n kerngedeelte van die boek. Soos wat dit seker ’n fiksieskrywer se reg is, word sommige van die gebeure – amptelike syfers toon 39 wit mynwerkers, 43 burgerlikes en 219 soldate het omgekom – so bietjie aangepas ter wille van die storielyn.

Die verloop van Mark Anders se lewe, sy huwelik met ’n uiters diensvaardige meisie en sy stormagtige verhouding met Courtney se verwende lieflingsdogter Storm vorm nog ’n integrale deel van die verhaal. Storm word self met ’n swangerskap in ’n ongelukkige huwelik ingedwing en dit op sigself vorm uiteindelik ’n integrale deel van die boek.

Die skrywer is in 1933 gebore en het sy 35 boeke oor drie dekades geskryf en 120 miljoen kopieë verkoop. Agt van sy skeppings is vir rolprente en TV-reekse aangepas. Hy het sedert sy eerste boek (1964) die uitgewer Charles Pick se raad gevolg deur net oor dinge te skryf wat hy goed ken.

Aanhangers van hierdie skrywer – en lesers wat hom nie ken nie – sal Wildernis geniet, ook danksy die puik vertaling. Dis ’n boek met geloofwaardige karakters en gebeure wat enduit boei, hoewel toeval dalk hier en daar ’n net té groot rol speel.

No Title

No Description

 

Tags:
myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close