Kamikaze deur Rudie van Rensburg: ’n resensie – LitNet

Kamikaze (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wragtag, wat hy nóú alles in die media oor sy geliefde SAPD lees. En met sy eie oë sién ook, in kolonel Daniels se kantoor by die Nuweland-stasie. Kassie het juis ’n ander werksaanbod gehad . . . En dan moet dit natuurlik só kom […]

Maryke Roberts : Resensies

Kamikaze is Van Rensburg se vyfde roman, na Pirana, Slagyster, Kopskoot en Judas. Die speurder, kaptein Kassie Kasselman, en sy kollega, Rooi, is weer terug met nog ’n gruwelike moordenaar om te vang.

Maar in hierdie boek is Kassie nie sy toegeeflike, gelukkige werknemer-self nie; hy is kriewelrig. Hy is al sy hele lewe lank ’n polisieman, wat ontmoedig voel met alles wat hy in die media oor sy geliefde SAPD lees, hoor en met sy eie oë sien en ervaar in kolonel Daniels se kantoor by die Nuweland-stasie.

Hy is in die middel van ’n loopbaankrisis toe die oproep met ’n werksaanbod kom, en terwyl hy met al hierdie innerlike woelinge worstel, kom hy teen die grieseligste moordenaar nóg te staan.

Die Pion se moordloopbaan het tentakels wat terugstrek na die apartheidsera, met moderner euwels soos die Afrika-handel in vervalste medikasie, wat ook Kassie se aandag verg. Voeg hierby spioenasie, huurmoord, parlementêre wapenhandelkorrupsie, die skemerwêreld van die ontkleeklub en ’n koue, berekenende reeksmoordenaar en jy gaan beslis wil lees tot die skuldiges aan die pen ry.

Lees verder

 

Tags:
myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close