Nuut van Lapa Augustus 2006

6190yp-82kL._UX250_

Augustus 2016:

Die etiese aspekte van lees ondersoek

Martin se Swartval is nie groot boek nie, dit is ’n enorme boek wat die leser uitdaag om eie grense te toets en die pad van herstel saam met ’n verkragtingslagoffer te stap.

Alta Cloete keer weer terug met genrekraker in Net ’n mens. Hoe hanteer ’n vrou dit as sy uitvind dat haar man gay is?

Marita van der Vyver bring vir ons ’n donker tienerboek oor rymklets, die struggle en wat dit beteken om kwansuis van “gemengde bloed” te wees. Al wat ek weet daag uit, maar die storie lees lekker.

Ja, dit is drie moeilike boeke, maar daar is goeie nuus ook! Sophia Kapp waag haar hand aan ’n Romanza – en slaag. Sy beskou wel Moeilikheid met ’n meermin as die moeilikste boek wat sy nog geskryf het, maar dit is baie pret om te lees!

Fanie Viljoen se Kaptein verdwyn sal baie jongmense se sorge al lesende laat verdwyn vir ’n aantal uur; en Jaco Jacobs se Groenvingers sal enige verwelkte hart weer lekker laat klop.

Die tienergedigte in Sterkykers is vars en nuut.

 

Vir die volwasse leser

Swartval

Martin Steyn

R240.00

978-0-7993-8091-0

“Ek droom van die dag dat ek die woordeboek oop maak en dan staan daar argaïsme langs die woord verkragting.” Toe hy dít by die 2016 US Woordfees sê, het Martin Steyn luide applous ontvang.

In sy nuutste roman Swartval neem Martin die protes verder. Enige krimi het ’n punt waar die spanning gebreek word. Lesers sal in hierdie naelbytboek ook daardie punt bereik. Swartval hou egter nie hier op nie. Steyn weier om die leser te onthef. Daar waar die boek moes eindig, volgens die konvensie, is nie die plek waar die slagoffer se reis eindig nie.

In hierdie roman word die leser verder geneem, dieper in die psige van die slagoffer. Ons maak ook haar eerste tree op die moeilike tog na heling mee.

Swartval is in die eerste plek ’n naelbytboek. Dit is ’n riller. Dié riller neem egter ook die etiese aspekte van die skrywer en die leser se omgang met die slagoffer in gedagte.

Elke kopie van Swartval wat verkoop, sal ook ’n skenking aan Rape Crisis waarborg.

Die enigste ander boek wat ’n soortgelyke ondersoek gedoen het, is Zakes Mda se Rachel’s Blue. Mda se teks speel egter in die VSA af. Steyn se boek is eg Suid-Afrikaans. Die storie en die wetlike aspekte is ook gans anders.

 

Iets omtrent die storie

Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Die keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets haar te vat.

Nou word sy iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Dit is donker. Haar hande is vasgebind.

Claire Winters plaas aanvanklik haar hoop op haar speurder-broer om haar te kom red, want hy weet wie die man is wat haar ontvoer het.

Derek kom egter nie en Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red.

Wat volg is ’n emosionele rit, nie net om te probeer ontsnap nie, maar ook om haar eie lyf weer op te eis ná alles wat aan haar gedoen is.

*

Her mind is rushing just as fast as her heart. It’s him, the one who has left the flowers on her car. He is back; this time not to bring something; he is for her!

It started with a flower under the car’s windscreen wiper. The second one was dead; then the black flowers started. Now she is a prisoner in a concrete cell.

Claire Winters places her hopes on her detective brother, he knows the man who has abducted her. Derek does not arrive and Claire realises she will have to save herself this time.

The only way out is through her kidnapper. Only he can open the cell door. Yet, just when she is making progress, Claire discovers the real reason for her imprisonment.

 

Onderhoud met Martin Steyn

Martin steek sy nek uit en neem die boek lank verby die punt waar die spanning gebreek word. Hoekom? Hier is sy antwoord:

Gewoonlik eindig hierdie soort storie waar die meisie ontsnap of gered word. Dan maak jy die boek toe en jy voel goed, want sy het mos nou weggekom; maar in werklikheid het sy nie, want sy dra die hele ervaring binne-in haar. Dis nie die einde nie. Ek het lank met die hoofberader by ons plaaslike Rape Crisis gepraat en sy het ’n opmerking gemaak wat by my bly spook het: Tydens die verkragting, wil die slagoffer net oorleef, sy wil nie doodgaan nie, maar ’n paar weke of maande later, wanneer al die gevoelens en trauma haar versmoor, wens sy sy wás dood. Dit was vir my belangrik om ook erkenning aan die res van die stryd te gee.

Elke kopie van Swartval wat verkoop, sal ook ’n skenking aan Rape Crisis waarborg. Waarom het hy daarop besluit? Hier is Martin se antwoord:

Dit sluit eintlik by die vorige vraag aan. Dis baie moeilik om ’n verkragting alleen te verwerk. Rape Crisis spesialiseer daarin om vroue (en mans) deur hierdie trauma te help en dit word gratis aangebied so lank as wat iemand dit nodig het. Dit kos egter geld om so ’n sentrum aan die gang te hou. Daar is huur, water en elektrisiteit, en ander onkostes om dit ’n warm, sagte plek te maak. In die eerste plek wil ek Rape Crisis ondersteun, maar ek hoop dat lesers dit sal oorweeg om ook te help. Dis iets wat ’n verskil in ’n vrou se lewe maak wanneer sy dit regtig nodig het.

 

Net ’n mens

Alta Cloete

9780799380903

R215.00

Op Sanet Smit se vyftigste verjaarsdag praat ’n vriendin haar mond verby. Ja, Sanet se man het ’n verhouding gehad met iemand anders, maar dit was nie ’n vrou nie. Willem is gay. Almal weet dit, behalwe sy wat Sanet is. Almal praat daaroor, maar net agter haar rug.

Die ligte skakel een vir een aan, maar dit wat sy nou waarneem, wil sy nie sien nie.

Boonop, op daardie punt waar dinge werklik nie erger kon gaan nie, word dit erger; baie, baie erger.

Deur Estelle se onbegrip, woede en hartseer, sypel ook die behoefte om te verstaan. In haar poging tot groter begrip, word sy deel van Willem se vriendekring en ontmoet ’n ouerlose dogtertjie en ’n woedende tienerseun wat haar aandag verg.

Net ’n mens is die opvolg op Opdrag van oorkant, en die tweede boek in die reeks wat uiteindelik ’n vierluik sal vorm. Dié roman stel verskeie vrae aan die leser: Hoe verwerk ’n vrou die ontdekking dat haar man gay is? Is dit noodwendig die beste keuse dat hy uit die kas moet kom? Moet sy hom dwing as hy nie kans sien nie?

*

On Sanet Smit’s fiftieth birthday the separation between her and her husband gets a name, but it is not a woman’s name.

This sequel to Opdrag van oorkant poses various questions to the reader: How does a woman mentally process the discovery that her husband is gay? Is it really important for him to publicly come out of the closet?

 

Vir die tieners

Al wat ek weet

Marita van der Vyver

Kategorie: Tienerfiksie

Ouderdom: 15+

R160.00

9780799378993

Jy’s kwaad vir die hele wêreld. En jou enigste wapen is ’n rugsak vol woorde.

Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. Ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie.

Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat, maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane?

Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak?

Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou en jou pa is nie?

Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar hy sy woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet.

Al wat ek weet is ’n eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor die reddende krag van woorde. Van der Vyver skryf oortuigend en boeiend oor die wêreld van performance poetry en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om ná sy ma se dood sin te maak van die wilde draaie wat die lewe partykeer met ’n mens gooi.

Al wat ek weet was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie vir 2015.

*

This is a truly South African story about the healing power of words. Van der Vyver writes convincingly and engagingly about the world of performance poetry and Gabriel’s desperate attempts to make sense of life’s challenges after the death of his mom.

Al wat ek weet was the runner-up in LAPA’s Youth Novel Competition for 2015.

 

Sterkykers

Samesteller: Jaco Jacobs

Illustreerder: Nicolene Louw

Illustrasies: Swart-en-wit

Kategorie: Gedigte

Ouderdom: 13+

9780799372755

R120.00

Skryf ’n liefdesbrief. Bemeester die kuns van hande vashou. Vuisstamp die lewe voluit. Lag soos die mense in advertensies. Raak onsigbaar. Twiet vir iemand ’n vers.

Hierdie bloemlesing vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners bou voort op die suksesvolle Toulopers. Bekende digters en skrywers soos Koos Kombuis, Ronelda S. Kamfer, Nathan Trantraal, Annie Klopper, Fanie Viljoen, Izak de Vries en Jaco Jacobs span kragte saam met opwindende nuwelinge soos Deon Meiring (hoofsanger van die groep Glaskas), Solette Swanepoel, Donnay Torr en Danie du Toit (sanger en liedjieskrywer van die groep Spoegwolf). Dit is ’n opwindende versameling wat spesiaal saamgestel is om hedendaagse jongmense se leefwêreld te weerspieël.

Van die vorige bloemlesing, Toulopers, is reeds byna 12 000 kopieë verkoop.

*

Write a love letter. Master the art of holding hands. Give life a high-five. Laugh like the people in TV advertisements. Become invisible. Tweet a poem to someone.

Sterkykers is another ground-breaking collection of poetry for teenagers, selected by Jaco Jacobs, who had also compiled the hugely successful Toulopers. Nearly 12 000 copies Toulopers were sold – amazing sales figures for an Afrikaans poetry collection.

 

Vir volwasse lesers en tieners

Moeilikheid met ’n meermin

Sophia Kapp

9780799380477

R85,00

Gerrit verwyl sy tyd in Thailand met toeriste-uitstappies terwyl hy wag dat ’n sakeman hom kontak, want hy is hier om die man te fotografeer. Dis op ’n toeristeboot dat hy haar gewaar: die meermin met die onmoontlike mooi groen oë.

Sophia Kapp skryf oor die liefde, ook oor die seer; die maklik en die swaar. Haar heldinne is vroue wat verstaan dat verhoudings nooit maklik of eenvoudig is nie en dat die lewe soms meer uit ʼn vrou tap as wat sy het om te gee; maar hulle is ook vroue wat onwrikbaar glo in die liefde, wat weet dat dit in hulle oorleef en gedy, ten spyte van al die swaarkry, en dat vervulling lê in wie hulle is en nie in wat hulle kry nie.

Sophia het reeds twee ATKV-woordveertjies vir haar liefdesromans ontvang.

Moeilikheid met ’n meermin is haar eerste romanse.

*

Gerrit is enjoying tourist excursions in Thailand. He is awaiting a call from a businessman whom he must photograph. It’s on a tourist boat, that he sees her the first time: a mermaid with unbelievably beautiful green eyes.

 

’n Reënboog vir Mouette

Thea Holland

978-0-7993-8048-4

R85,00

Mouette wil nooit weer trou nie, want verhoudings werk eenvoudig nie uit nie, of hou nie. Con sal dit eers oorweeg om te trou wanneer hy veertig word, maar die liefde laat hom nie voorskryf nie, of hoe?

*

Mouette will never marry again. Relationships either do not work out or do not last. Con will only consider marriage when he turns forty, yet love does not adhere to rules; or does it?

 

Onder dieselfde sterre

Anna Penzhorn

978-0-7993-8049-1

R85,00

Jacolien het reeds haar droomman, die geleerde en gesofistikeerde Ruaan de Jongh, ontmoet. Hulle is perfek vir mekaar. Maar waarom kan sy nie vir die aantreklike Sebastiaan, ’n beesboer en terggees met verskuilde diepte, uit haar gestel kry nie?

*

Jacolien has already met the man of her dreams, the educated and sophisticated Ruaan de Jongh. They are perfect for each other. But why can’t she get the attractive Sebastiaan, a farmer with hidden depth, out of her system?

 

Meer as ooit

Felicia Snyman

978-0-7993-8050-7

R85,00

Sedert haar ontroue eks haar verraai het, is ’n aantreklike man nie op Rinamari se prioriteitslys nie. Maar Alexander maak gevoelens in haar wakker wat haar laat besef dat Matthew nooit die regte man vir haar was nie.

*

Since her unfaithful ex has betrayed her, a handsome man is not on Rinamari’s priority list. But Alexander awakens feelings in her that makes her realise that Matthew has never been the right man for her.

 

Vir die jongspan

Kaptein Verdwyn

Skrywer & Illustreerder: Fanie Viljoen

Illustrasies: Swart-en-wit

Kategorie: Kinderfiksie

Ouderdom: 9+

R90.00

9780799379044

Wat sal jy doen as jy onsigbaar kan raak?

Kyle is moeg daarvoor dat die skoolboelie op hom pik. Denzel die Draak knou gedurig ander kinders af, terg hulle en vat hulle pousebroodjies.

Toe Kyle ’n nuwe selfoon kry, laai hy ’n vreemde app af – een wat belowe om jou onsigbaar te maak! Kort voor lank verander Kyle in ’n superheld: Kaptein Verdwyn!

Hy besluit dit is tyd om die boelie ’n les te leer…

Kaptein Verdwyn is ’n aksiebelaaide storie met ’n positiewe boodskap wat kinders kan bemagtig om hul man te staan teen boelies. Agterin die boek verskyn nuttige raad oor hoe om boelies te identifiseer en wat om te doen as iemand jou boelie.

*

What would you do if you had the power to become invisible?

Kyle is sick and tired of the school bully picking on him.

When Kyle gets a new cellphone, he downloads a strange app – one that promises to make him invisible! Before long, Kyle changes into a superhero called Kaptein Verdwyn (Captain Disappear)!

He decides it’s time to teach that bully a lesson or two …

At the back of the book there are handy tips and advice on identifying and dealing with bullies.

 

Groen Vingers

Jaco Jacobs

Illustreerder: Odine Barendse

Illustrasies: Volkleur

Kategorie: Kinderfiksie

R90.00

97807993 79204

Ouderdom: 7+

Sasha is mal daaroor om eksperimente te doen. Haar oupa was immers ’n wêreldbekende wetenskaplike. Soms loop Sasha se eksperimente nou wel ietwat skeef – maar dis deel van die pret!

Toe sy op ’n dag ’n paar vreemde pitte in haar oupa se ou trommel ontdek, besluit sy om dit te plant. Eers lyk dit of niks gaan gebeur nie, maar dan maak ’n monsterplant sy verskyning in die natuurwetenskapklas! Dit lyk selfs of die plant van plan is om vir juffrou Jansen op te eet, tensy Sasha blitsvinnig ’n plan kan beraam!

Groen Vingers is ’n avontuurbelaaide storie vir beginnerlesers, propvol van Jaco Jacobs se kenmerkende skaterlag-humor waarop kinders versot is!

*

Sasha loves doing scientific experiments; her grandfather was after all a world-renowned scientist. Sometimes, though, Sasha’s experiments tend to have somewhat unusual results, but that’s part of the fun!

One day Sasha discovers some strange seeds in her grandfather’s old wooden chest in the attic and decides to plant them. At first, it seems like nothing will to happen, but then a monster plant starts growing in the science class! The plant seems dead set on devouring their teacher, Mrs Jansen, unless Sasha can quickly come up with a plan!

 

Leer My Lees (Vlak 3)

Jose en Reinette Palmer

Kategorie: Kinderfiksie

Illustreerder: Zinelda McDonald

Illustrasies: Volkleur

Ouderdom: 5+

R25 elk

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolike leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend.

Met jare se ervaring in buitengewone onderwys waar kinders met lees- en spelprobleme sukkel om te leer, wil Jose en Reinette Palmer met die Leer my lees-reeks ’n liefde vir lees by kinders kweek.

Die reeks is uiters gewild; meer as 140 000 kopieë is al verkoop.

Elke boek in die reeks bevat:

  • ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners;
  • helder, kindervriendelike illustrasies;
  • ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.

Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is.

Die nuwe boeke (vlak 3) in die reeks:

  1. Tippie loop in die reën (9780799379938)
  2. Tippie ry perd (9780799379945)
  3. Tippie ry fiets (9780799379952)
  4. Tippie gaan see toe (9780799379969)
  5. Tippie kuier op die plaas (9780799379976)

6.Tippie ry met die trein (9780799379983)

  1. Tippie plant groente (9780799379990)
  2. Tippie bad vir Woef (9780799380002)

9.Tippie plant ’n boom (9780799380019)

  1. Tippie kry twee vissies (9780799380026)

*

Learning to read is fun with Tippie the elephant! This beautifully illustrated reading series introduces beginner readers to frequently-occurring Afrikaans sounds. Each book in the series features a short, simple and entertaining story, child-friendly illustrations, a vocabulary list, a list of singular and plural forms, comprehension questions and a page with “complete the sentences” based on the story.

More than 140 000 copies have been sold in this series already.

 

 

Iets vir almal

 

Joernaal vir ’n bedonnerde diva

Sophia Kapp

9780799380965

R180.00

Hierdie kreatiewe joernaal is ’n uitvloeisel van die Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva en is op versoek van lesers gepubliseer. Die joernaal bestaan uit twaalf essays oor hedendaagse ervaringe wat vroue beleef, maklike resepte, uittreksels uit die roman, asook gedeeltes waar lesers joernaal-inskrywings kan maak en teken of foto’s of prente kan inplak.

Hoekom hierdie joernaal? Skryf kan jou help om koers te hou. Skryf dwing jou om jou gedagtes te orden en om jou seer en verwarring te erken, te verwoord, te boekstaaf en uit jou lyf uit te kry. Dit help nie om net teenoor ’n vriendin te praat nie, jy moet die woorde met jou hande op papier neerskryf en sien hoe dit in ’n ander dimensie agterbly.
Daar is daar ook wenke uit die roman en mylpale op die diva se herstelpad wat Sophia met jou deel in die hoop dat dit jou sal inspireer om joune neer te skryf.

Gaan heen; skryf jou eie diva!

*

This creative journal is a spin-off from the Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva and appears a result of readers’ demand. The journal comprises twelve essays about modern women’s experiences, easy recipes and extracts from the novel. It challenges women to create their own diva.

 

Vrouekeur 50 Hekelpatrone

Christa Swanepoel

R250.00

97807993 74179

Vrouekeur 50 hekelpatrone bied ’n hekelbonanza vir die ywerige handwerker. Christa Swanepoel en Vrouekeur bied 50 splinternuwe hekelpatrone in een boek aan, verdeel in 5 hoofstukke met 10 patrone elk. Die moeilikheidsgraad van die patrone en tegnieke wat gebruik word wissel, so die boek is ideaal vir beginners asook hekelentoesiaste met meer gevorderde vaardighede. Projekte wat aangepak word wissel van skattige babamussies en -skoentjies tot truie vir vroue en selfs ’n minirompie wat enige tienerhart sal verbly!

*

Vrouekeur 50 hekelpatrone includes a bonanza of crochet patterns to all crafters, no matter what their skill level is. Christa Swanepoel and Vrouekeur offer 50 brand-new crochet patterns in one book, divided into 5 chapters with 10 patterns each. The difficulty of the patterns and techniques varies, making the book ideal for beginners and crochet experts alike. The projects include cute baby beanies and booties, jerseys and shrugs for women and even a mini skirt for teenage girls.

 

50 Blaaskansblokraaie 7

R60.00

97807993 79587

50 Blaaskansblokraaie 7 is reeds die sewende in die reeks. Dit is in ’n maklikhanteerbare A4-formaat, gekrambind met ’n sagtebandomslag om vashou, skryf en uitvee te vergemaklik. Met 50 woordraaisels, teen R60,00 per kopie is die boek ook uiters bekostigbaar.

Die blokraaisels is A4-grootte en die oplossings word agter in die boek gepubliseer.

*

Yet another of our successful cross-word puzzles; Number 7, in fact! Fifty A4-sized puzzles for only R60.

 

myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close