Nuut van Lapa Februarie 2017 #eBoeke

LAPA is lief vir die liefde

LAPA was nog altyd trots op HULLE uitstekende liefdesverhale.
In die maand van Februarie vier die liefde hoogty.

’n Mens is nooit te oud vir die liefde nie
As daar ’n kooltjie smeul, laat ondervinding jou nie in die steek nie.

Dryfhout (Afrikaans Edition)

Price: Check Price
Wie is Aengel Rousseau? En wie was die voormoeder by wie Aengel dagboeke, ʼn skulp, ’n seewatersteen en ’n verbod om haar hare te sny, geërf het? Dis die vrae wat Aengel Kierangbaai toe lok. Want dis waar Angelique d’Avignon amper twee eeue gelede haar spore gelaat het en legendes van die visvrou ruig loop. […]

 

Foxtrot van die liefde

Kristel Loots
ISBN: 9780799382624
R240.00
Katalaya het silwerwit hare en dra funky klere, maar sy ís sestig jaar oud. En alleen. Soms wens sy Franco het eerder mooi ordentlik doodgegaan as om die pad te vat. Al wat vir haar oorbly, is ’n miniatuurgrootte-gaatjie in die meenthuiskompleks vir weduwees, weggooivroue en lelike vroue wat nie mans kon kry nie.
Haar kinders gee haar grys hare, wat sy juis nie wil hê nie. Verder worstel haar bejaarde ma met seniliteit en lap alles uit wat hulle ’n leeftyd lank geheim wou hou; ook oor Ben wat in die buitekamer gebly het toe haar pa die stadsklerk van die dorp was. Dit was net Jan-Adam Vermeulen wat vermoed het Ben was soveel meer as net ’n chauffeur, maar ná ’n tragedie wat die hele dorp geskud het, het hy uit hul lewe verdwyn.
Nou beweer haar ma ’n man met ’n Elvis-kuif was in haar besemkasgrootte kamertjie in Huis Herfsblaar, en later kom sy met ’n vreemde versoek – Katalaya moet na Ben gaan soek voordat dit te laat is.
Katalaya se pelgrimstog lei haar na die laaste skakel wat die legkaart van haar lewe voltooi, net om te ontdek dat die liefde en die begeertes van die lyf nie sommer tot rus kom nie én dat die lewe so veranderlik soos kwiksilwer is.
***
After a strange request from her somewhat demented mother, Katalaya goes in search a person, then finds herself and she learns to come to grips with the desires of her body.

 

Agter maskers

Marijke Greeff
ISBN: 9780799382464
R200.00
Ná ’n versmorende huwelik van twintig jaar sal Mia kaalvuis baklei vir die voorreg om selfstandig te wees en nie in enige iemand anders se oë te kyk vir haar daaglikse brood nie. Dit is egter makliker gesê as gedaan, want op agt en dertig is sy skielik op haarself aangewese en het sy geen opleiding, geen ervaring en boonop geen selfvertroue nie.
Op hierdie kritieke tydstip in haar lewe maak die eienaar van die eksklusiewe restaurant Tsalanang haar ’n aanbod wat sy nie kan weier nie. Giep Rossouw bied haar die geleentheid om te begin bou aan ’n loopbaan en in die proses haar eie menswaardigheid te ontdek.
Hoekom bly sy, wat mans vir goed afgesweer het, egter in Giep se donker, smeulende blik vasval? En hoekom bedien hy erotiese skemerkelkies in ’n dameskroeg as hy eintlik ’n opgeleide predikant is?
In ’n pynlike proses, waarin ou verhoudings verbrokkel en nuwes gevorm word, word Mia gestroop van die masker waaragter sy nog altyd geskuil het en moet sy diep delf om haarself te vind en haar eie identiteit te vestig.
In ’n tyd van haar lewe wat dit vir Mia voel asof sy alles verloor, ontdek sy die krag wat in haar binneste lê en besef sy wat dit beteken om haar hart eers vir haarself te win, voordat sy dit vir iemand anders kan weggee.
***
After a marriage that had nearly choked her, Mia slowly discovers herself again. She learns that her body has not forgotten yearning, but also that the masks she has used to block hurt have to go in order for her to be herself again. Then only would she be able to offer herself to a man worth her attention.

’n Mens is nooit te jonk om die krag van pienk te leer ken nie

Pienk bikini

Christien Neser
ISBN: 9780799379167
R140.00
Matriek. Die woord gee Elle ’n knop in haar keel. Nog net twee weke van eksamen, en dan is hulle amptelik matrieks.
As hoofmeisie gaan daar ’n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. Sy en die ander leiers gaan die gees van Gravitas bepaal.
Elle weet die skoolhoof, mevrou Bender, gaan haar met ’n valkoog dophou. Elle is nie eens seker of sy dit verdien om hoofmeisie te wees nie. Dalk moes die keuse eerder op Shia geval het – sy is immers sterk, slim en super-sportief. Boonop is Shia se ma oortuig dat haar dogter die hoofmeisiebaadjie moet te dra en as Elle dit sou waag om ’n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem.
Ten spyte van haar eksamens en vrese oor Alex wat nie van hom laat hoor nie, raak Elle betrokke die kinderhuis, Kaya Kumba. Laasgenoemde blyk uitputtend te wees.
Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe ’n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverwags groot nuus word. Skielik lyk dit asof net ’n wonderwerk sal verhoed dat Elle haar hoofmeisiebaadjie verloor!
Christien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Die agtste boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregs en romanties soos sy voorgangers te wees.
***
Matric. The very word ties Elle’s stomach in a knot and as head girl, there will be a huge responsibility on Elle’s shoulders; she knows: one wrong move and Shia will be ready to take her place. Then it happens: after a silly mud-fight at the foster home where Elle helps, some cheeky pink underwear becomes big news; for all the wrong reasons.

Liefde is meer as hartkloppings

Ver in die wêreld Kittie
Santie van der Merwe
ISBN: 9780799382631
R215.00
Kittie Barnard bevind haarself werkloos en in ʼn finansiële verknorsing in Londen. Dan vind sy boonop uit haar Engelse verloofde is oneerlik en ontrou. Voordat sy kan besluit wat om te doen, kry sy ’n oproep van haar ouer suster dat hulle ma, Gertruida, ’n tweede beroerte gehad het en nou hulp en versorging nodig het. Gertruida is ’n pensioentrekker, met geen ander bron van inkomste nie. Kittie se suster en broer het probleme van hulle eie, so hulle voel dit is Kittie se beurt om te help.
Kittie voel verwond en verbitter, sy het boonop nêrens anders om heen te gaan nie. Tog, sy is fanaties oor haar eie onafhanklikheid en saam met haar ma kon sy nog nooit langs dieselfde vuur sit nie.
Nou is sy weer vasgevang in die huis waarvan sy, so gou as wat sy kon, weggevlug het.
Gertruida is vasgevang in ʼn liggaam wat haar in die steek laat en is oorgelaat aan die genade van die dogter oor wie sy soveel skuldgevoelens het.
Beide Kittie en Gertruida word gekonfronteer met spoke uit die verlede en het ’n lang pad na herstel, maar het uiteindelik ʼn kans om hulle verhouding te red.
***
Kittie is forced to look after her mother who has a stroke. Both women hate being dependant on the other. Together they have to face the ghosts of their collective pasts.

Romanza

Ek het jou lief

Mari Roberts
ISBN: 9780799382518
R85.00
Ná sy egskeiding van Yvette keer Roux na sy tuisdorp terug. Daar tref hy sy jeugliefde Tessa aan en vind dat die vonk wat tydens hul tienerjare tussen hulle was, steeds bestaan en nou ’n brandende vuur geword het.
***
After his divorce form Yvette, Roux returns to his hometown. There he finds his youth love Tessa. The spark between them has been there since their teenage years, but it is now a burning fire.

Joune vir altyd

Alma Carstens
ISBN: 9780799382501
R85.00
Ná jare van seerkry weens Rudi se rondlopery besluit Melani om weg te gaan en van hom te vergeet. Met haar terugkoms in Wiesenhof raak Rudi halsoorkop verlief op die “nuweling” op die dorp – min wetend dat dié skoonheid einste Melani is.
***
After years of having her heart broken by Rudi’s gallivanting, Melani leaves Wiesenhof to help her forget him for good. When she returns, Rudi loses his heart on the “new girl” in town not knowing that it’s Melani …

Die professor en die beterweter

Malene Breytenbach
ISBN: 9780799382525
R85.00
Anton Bredell is aantreklik, beterweterig en professor Karin Kaltwasser se doktorale student. Sy leer ken Anton beter terwyl hulle in Egipte na ’n verlore prinses se graf soek. Sy probeer om die korrekte dosent-student-verhouding te handhaaf, maar laat die liefde hom ooit voorskryf?
***
Anton Bredell is attractive, self-righteous and Professor Karin Kaltwasser’s doctoral student. Whilst looking for a lost princess’s grave in Egypt, she gets to know Anton better. She tries to maintain the correct lecturer-student relationship, but love follows its own rules.

Dans met ’n stiervegter

Trudy Reinhardt
ISBN: 9780799382532
R85.00
In Barcelona bemeester Tahlia die flamenco, maar haar hart dans egter op sy eie ritme. Spanje se kampioenstiervegter, Alejandro, is haar hart se dansmaat, maar sy kan nie sy beroep aanvaar nie. Is hulle bestem vir mekaar of nie?
***
In Barcelona Tahlia masters the flamenco, but her heart dances to its own rhythm. Spain’s champion toreador, Alejandro, is her heart’s dance partner, but she can’t accept his career. Are they destined for each other or not?

Lente in ’n bottel

Jacolet van den Berg
ISBN: 9780799382037
R85.00
Al haar wense vir ’n “storieboek-lewe” word in ’n bottel verseël en in die rivier gegooi. Maar toe dit ’n roeier met die mooiste blou oë rakelings mis, wonder Lente Pretorius of storieboek-helde nie dalk werklik bestaan nie?
***
She seals all her wishes for a “story-book life” in a bottle and casts it in a river. But when her bottle narrowly misses a rower with the most beautiful blue eyes, Lente Pretorius wonders whether story book heroes could perhaps be real?

Towerliefde

Serena Steyn
ISBN 9780799382044
R85.00
Op Akkediskop loop Amelie haar in die befoeterde sakeman en boer, Dirk Wasserman vas. Hy laat haar hart tamboer, maar hy is nie ingenome met haar pienk hare en haar houding dat ’n mens interessant moet nie.
***
At Akkediskop Amelie encounters the stubborn businessman and farmer Dirk Wasserman. He makes her heart beat faster, but is not impressed with her pink hair and must-be-interesting attitude.

Bosveldliefde

Felicia Snyman
ISBN 9780799382051
R85.00
Vanaf die oomblik wat Ellannè en Stephan ontmoet, kan hulle nie mekaar verdra nie. Sy het na die Bosveld verhuis om ’n nuwe loopbaan te begin en is nie gereed daarvoor dat gedagtes aan dié veearts skielik haar denke oorheers nie.
***
From the moment they had met, Ellannè and Stephan can’t stand each other. She had moved to the Bushveld to start a new career and is not ready for this attractive veterinarian who suddenly dominates her thoughts.

Haar storieboekheld

Cheryl Rogers
ISBN 9780799382372
R85.00
Sedert Bobbi se verloofde haar voor die kansel in die steek gelaat het, beskou sy alle mans as die vyand wat vermy moet word. Dis slegs in haar boeke waar helde sonder kleivoete bestaan. Kan die aantreklike Marko haar anders oortuig?
***
Since Bobbi’s fiancé abandoned her at the altar she sees all men as the enemy worth avoiding. Her books are the only place where heroes without feet of clay exist. Can the attractive Marko convince her otherwise?

Selfs ’n spanningsroman kan die liefde waardeer

Dryfhout

Dryfhout (Afrikaans Edition)


Chanette Paul
ISBN 978-0-7993-8159-7
R260.00
Aengel kom soek na vrede en na haar erfenis op Kierangbaai, maar wie is Aengel Rousseau nou eintlik? Wie was die voormoeder by wie Aengel die dagboeke, ’n skulp, ’n seewatersteen en die vreemde verbod om haar hare te sny, geërf het?
Dit is die vrae wat Aengel Kierangbaai toe lok, want hier het Angelique d’Avignon amper twee eeue gelede haar spore gelaat, dit is ook hier waar die legendes van die visvrou nog ruig loop.
Geleidelik maak Aengel sin van die legendes oor Annie en die vloek wat sy oor die Niemands uitgespreek het.
Die vier moorde wat op Kierangbaai gepleeg word, kan Aengel egter nie kleinkry nie; ook nie haar gevoelens vir Roark of hoekom iemand dink sy kan Annie se vloek ophef nie.
Gys en Fortuintjie moet weer hul speurvernuf inspan en dit ry Gys se poging om vir oulaas Gertjie se hart te wen, sleg in die wiele.
Jeanette Ferreira sê oor dié boek: “In Dryfhout bereik liefde en spanning ’n hoogtepunt wat die leser enduit gevange hou. In een toneel word die leser diep ontroer, net om in die volgende deur heerlike humor vermaak te word. En oor alles hang die misterie van ’n vergane skip en die see se getye.”
***
This is the final nail-biter in Chanette Paul’s Gys Niemand-series. Gys is the detective, but he also has heart. Could it belong to Gertjie?

En die pad na ’n geliefde se hart…

50 Eenpotgeregte

ISBN: 9780799379877
R125.00
Die eenpotgereg is die hart van se mens se kookkuns. In Afrika is hutte vir eeue lank om die kookplek gebou en in Europa was die werkershuise presies dieselfde. Die herd, ook genoem die haard, was die plek waar die gesin hitte kon kry en bo daardie hitte is die gesin se een enkele pot opgehang. Nostalgie en koestering vir hierdie manier van kook kom so ver as die mens se vermoë om vuur te beheer.
Kyk mooi na puik sjefs se aanbod: Iewers gaan jy ’n bredie sien tussen al die jus, truffelolie en glasuur. ’n Goeie sjef weet dat die kenners haar of hom op daardie gereg gaan takseer.
Eenpotgeregte is huiskos. Dit is haardkos, en daarom is dit steeds hartkos.
50 Eenpotgeregte bevat vyftig smaaklike disse wat alles in een kastrol, pan of bak voorberei kan word. Sodoende kan jy lekker en voedsame maaltye voorberei sonder om onnodige tyd in die kombuis te spandeer; heerlike kos, en boonop baie minder skottelgoed!
Die resepte sluit treffers in soos: Beesvleisbredie met kruiekluitjies, Hoenderkerrie, Spek-en-boontjiesop, Seekospasta en Pynappelhoender. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is, of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark.
***
Any culture has a tradition of cooking meals in a single pot – it goes back to the days when sapiens learned to control fire. The hearth is the heart of a house – and that was where single-pot dishes originate from.

50 Maalvleisgeregte

ISBN: 9780799379853
R125.00
Daardie bekostigbare staatmaker in die vrieskas
Maalvleis was nog altyd ’n bekostigbare staatmaker in die gesin se vrieskas.
50 Maalvleisgeregte bied inspirerende resepte wat bees-, hoender- en varkmaalvleis vir die hele gesin lekker sal lekker maak. Wat meer is: Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is, of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark.
Die resepte bestaan uit treffers soos:
• Herderspastei (met variasies soos herderspastei-patat-plaatkoekies)
• Spaghetti-bolognese (en variasies soos bolognese-hoender met mielies)
• Lasagne (met variasies soos hoenderlasagne)
• Frikkadelle (met variasies soos Sweedse frikkadelle en varkfrikkadelle met pynappelsalsa.
Hierdie boek sal jou help om gesonde, ekonomiese familiemaaltye voor te berei. Dié boek is dus ideaal vir diegene wat ’n besige skedule het maar steeds lekker en voedsame maaltye vir hulle gesin wil voorberei. Boonop, die boek sluit 50 resepte in en word teen R125 verkoop – wat dit waarde vir geld maak.
* * *
Minced meat is a staple food. This book provides fifty wonderful recipes, both old and new, using minced meat.

’n Liefde vir boeke is ’n ewige liefde
Vir die jongklomp

Professor Fungus (11) en die monsterformule

Jaco Jacobs
ISBN: 9780799380125
R90.00
Jenny drink per ongeluk ’n vreemde mengsel en haar hele lyf word pers en skubberig … en sy kry ’n stert! Sal professor Fungus betyds ’n teenmiddel kry – voor sy haar rol in die skoolkonsert kwyt is?
***
Jenny accidentally drinks a strange potion. Her entire body turns purple … and she grows a tail! Will Professor Fungus manage to find an antidote for the monster formula in time – before Jenny loses her part in the school play?

Professor Fungus (12) en die sneeumasjien

Jaco Jacobs
ISBN: 9780799380132
R90.00
Bennie en Jenny is opgewonde toe hulle hoor professor Fungus gaan help met ’n nuwe pretpark wat binnekort oopmaak. Dan vind Bennie en Jenny egter uit iets is nie pluis by die pretpark nie. Watter planne voer die vreemde De Vries-tweeling in die mou?
***
Bennie and Jenny are very excited when they hear Professor Fungus is helping to develop technology for a brand-new theme park that’s opening soon. But soon Bennie and Jenny start suspecting that things aren’t quite what they seem at the theme park. What mysterious plans are the strange De Vries twins cooking up?

Lana en Rakker 1: ’n Huis vir Rakker

Holly Webb
ISBN: 978079936628
R90.00
Lana wou nog altyd ’n hondjie hê ─ ’n liefdevolle hondjie wat saans by die voetenent van haar bed kan opkrul. Daarom is Lana baie opgewonde toe haar gesin ’n pragtige Jack Russell aanneem. Lana noem die hondjie Rakker ─ nog voordat sy weet hoe woelig en stout hy is. Oral waar hy kom, beland Rakker in die moeilikheid. Hy tjank snags, kou Lana se teddiebeer stukkend en veroorsaak ’n konsternasie by die veearts. Sal Lana dit regkry om hom uit die moeilikheid te hou?
***
Lana is very excited when her family adopts a beautiful Jack Russell puppy. But Rakker is really naughty, and he is soon getting himself and Lana into all sorts of trouble. Will she ever be able to keep up with him?

Lana en Rakker 2: Die hondeskool

Holly Webb
ISBN: 9780799366235
R90.00
Rakker is verskriklik stout. Hy kou Lana se boetie se sokkerbal stukkend, grawe die plante uit die tuin, en kou selfs sy eie leiband flenters! Lana se gesin is raadop. Toe Oupa dus voorstel dat Lana hom na die hondeskool neem, dink Lana dit is ’n briljante idee. Nou kan Rakker maniere leer ─ en dalk nog ’n paar toertjies ook! Maar dinge verloop nie volgens plan nie …
***
Rakker’s naughtiness is annoying the whole family. So when Granddad suggest puppy-training, Lana can’t wait to get started. It’s time to teach Rakker manners ─ and maybe some tricks! But things don’t go quite as planned …

Aksieheld Austen: Operasie Sabotasie

Fanie Viljoen
ISBN: 9780799366327
R90.00
Ligte, kamera, aksie!
Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in ’n fliek losslaan.
Dit is immers nie sommer enige rol nie – hy speel die hoofrol!
Hy is Aksieheld Austin, ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!
Iets is egter nie pluis op die filmstel nie.
Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer saboteer.
Kort voor lank is die hele filmspan se lewe in gevaar. As Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees…
Hierdie asemrowende nuwe avontuurverhaal uit die pen van Fanie Viljoen is die eerste in ’n splinternuwe reeks oor Aksieheld Austin. Perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
***
Ewald is very excited about his movie role as Action Hero Austin. But something isn’t quite right on the set of the film. It seems a real-life crook is dead-set on sabotaging the movie. If Ewald wants to save the movie, he will have to be just as brave as a REAL action hero …

Tags: , ,
myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close