Die soenoffer (Afrikaans Edition)

Price: Check Price Amazon.com Price (as of October 20, 2017 12:33 pm - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

’n Verwaarloosde dogtertjie, net vier jaar oud, word in Soutpansbergweg gevind. Sy weet nie waar sy woon nie, of waar haar ma is nie. Wat agter hierdie kind lê en wat nog sou kom, is te gruwelik om te beskryf.

Wessel Janke, ’n bekende joernalis, word jare later Pretoria toe gestuur om ’n onderhoud te voer met ’n vrou wat as kind ’n reeks moorde gepleeg het. Hy verwag om ’n monster te leer ken, maar Isobel Swart is ’n doodgewone vrou, ’n toegewyde ma vir haar kind, haar ewebeeld. Net soos hy, is sy op soek na die waarheid … in haarself. Sy wil hê dat mense moet verstaan wat ’n kind tot moord dryf. Sy wil self probeer verstaan. En sy wil hê hý moet verstaan. Haar verhaal trek hom in, verswelg hom. Haar waarheid word sy waarheid en dit begin daar waar nagmerries duisend dode sterf.

’n Hartverskeurende verhaal wat tegelyk die boosheid in die mens blootlê.

Die ondenkbare was Isa Konrad se eerste spanningsroman. Daaroor skryf Volksblad: “Dis ’n storie waarin ondenkbare dinge oortuigend onder woorde gebring word, ’n verhaal met ’n toorkrag en slaankrag wat moeilik beskryfbaar is.”
#eboeke

  • Product ID: 135167
  • Manufacturer: LAPA Uitgewers
  • Category:
  • Published: November 10, 2016
  • Availability: Check
  • Product price last updated: 1 min ago

Leave a reply

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close