OMNIBUS 4: DIE FAKTOR FANTASIE-REEKS (Afrikaans Edition)

Price: Check Price Amazon.com Price (as of March 28, 2024 2:48 pm - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

DIE VITA FAKTOR
Lesersopinie:
Ek het onlangs Rachelle du Bois se heerlike debuut-fantasieverhaal, Die Vita Faktor, gelees en baie geniet. Die skryfster se verbeelding ken geen perke nie en sy gaan so gemaklik met die genre om dat mens sou dink sy is ʼn ou hand as dit by die skryf van fantasie kom. Dis ʼn voorreg om ʼn fantasieverhaal in Afrikaans te kan lees en ek hoop die skryfster kry die ondersteuning én erkenning wat sy verdien. Ek glo sy gaan ʼn hele klomp aanhangers werf. Ek is ook verheug om te verneem dat Die Vita Faktor die eerste boek in ʼn reeks is. Ek gaan beslis op die uitkyk wees vir die daaropvolgende boeke ook.
Louise Viljoen

Marcus de Virtus voer ʼn rustige bestaan as ʼn suksesvolle kunstenaar op die dorpie Duiwelspiek in die ooste van Mpumalanga. Op ‘n dag ry ʼn taxi hom raak in die straat voor sy ateljee. Wanneer hy sy bewussyn in die hospitaal herwin, ontdek hy tot sy skok en ontsteltenis dat hy oor die vermoë beskik om onsigbaar te raak. Nog vreemde dinge gebeur met hom.
Daar is ʼn misterieuse vrou by sy bed met opvallende oë wat net soos syne lyk. Amandelvormige viooltjieblou oë. Presies nes syne. Wie is hierdie vrou met haar goue hare en geheimsinnige optrede? Sy oorreed hom om saam met haar te gaan. Sy neem hom op ʼn reis wat sy lewe handomkeer verander.
Die Vita Faktor neem oor en Marcus bevind homself meteens in twee wêrelde. Hy is nie meer seker wie of wat hy is nie. Sy alleen kan die raaisel van die Vita Faktor ontsluit, en hy moet haar noodgedwonge volg om ’n verklaring te vind vir die skokkende en ontstellende gebeure wat sy lewe oorgeneem het.
Is hy van sy sinne beroof of is daar waarlik iets meer, iets buite hierdie oomblik, asemteug, plek en tyd?

DIE LUCERNA FAKTOR
Lesersopinie:
Rachelle du Bois doen dit weer! Hierdie talentvolle skrywer se 13de eBoek, Die Lucerna Faktor, die tweede boek in die opwindende Faktor-fantasiereeks, is tans te koop.
Du Bois se verbeelding ken geen perke nie. Haar verhale is skoon, propvol avontuur, malse humor, liefde en heerlike fantasie. Ondersteun gerus hierdie onafhanklike skrywer. Afrikaans kan doen met skrywers soos sy.
Louise Viljoen

Falco Scuro, die Donker Valk, keer ná ʼn besoek aan die Ryk van Sapientia terug na Lucerna. Die Ryk van Lig is egter in duisternis gehul nadat die bose Timor van Falsum Lucerna aangeval en die Ligblom uit die Sfeer van Lig gesteel het. Lucerna, die Lamp van die Heelal, is nou byna onsigbaar, bewolk en vol skaduwees.
Falco Scuro verklaar terstond oorlog teen die bose Timor. Hy en sy Ligvalke moet ten alle koste die Ligblom terugkry in Lucerna. Indien die Lig nie skyn nie, kan Lucerna nie Lig aan die ander ryke voorsien nie. Die ryke sal in totale chaos en algehele donkerte verval en die inwoners sal uiteindelik sterf.

Die Lig het nie net uit Lucerna verdwyn nie, maar ook uit Falco Scuro uit. Hoe het hy hier gekom? By hierdie punt waar hy so verdwaal het in sy eie donkerte?

Sal die Donker Valk daarin slaag om van die troebelheid binne-in homself ontslae te raak? Sal hy die skone Clara Lux, die Draer van Lig, wat die sleutel tot die raaisel hou, kan oortuig om vir altyd by hom op Lucerna te kom woon?
#eboeke

  • Product ID: 135359
  • Manufacturer:
  • Category:
  • Published: November 11, 2016
  • Availability: Check
  • Product price last updated: 4 years ago

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close