Plasenta (Afrikaans Edition)

Price: Check Price Amazon.com Price (as of April 20, 2024 5:24 am - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

Thys Krige maak mense dood. In hom dra hy daardie donker ding wat doodmaak vir hom moontlik maak. Maak dit hom dan enigsins beter as die verkragters, die moordenaars, die kinderontvoerders, die drek waarop hy jag maak? Hy weet self nie want hy is byna op daardie stadium dat hy en sy slagoffers filosofies kan raak oor die bedryf van misdaad en geregtigheid en wie se beurt dit hierdie keer is om te sterf.

Dié keer is dit syne, daarvan is Krige byna seker. Maar dit is ook die een sending waarvan hy nie sal afsien nie, want dit is bloed wat hom roep, gedeelde plasenta.

Daar is ’n bloedband tussen hom en Karen, ’n plasenta wat gedeelde gene dra, soveel dieper heg. Om niemand meer oor te hê nie, is die som van alleen wees. Maar as ’n halfsuster wat jy nooit geken het nie miskien nog leef, beteken dit nie jy het iemand oor nie.

Venter is ’n afgetrede ingenieur en woon in die Dinokeng-bewaria buite Pretoria. Plasenta is sy vierde roman in die Thys Krige-reeks. Benewens sy vroeër werke het hy hom met sy jongste drie romans –Dieper as die bloed, Ou bloed en Waar boosheid broei – as een van die voorste misdaadskrywers in Afrikaans gevestig.

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close