Stroper Sindikaat (Afrika Wildernis Book 1) (Afrikaans Edition)

Price: Check Price Amazon.com Price (as of April 18, 2024 6:55 pm - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

Die hoofkarater is geskoei op dié van Tom Yssel, my vriend en mentor in die wildernis. Hy was vir meer as 20 jaar senior veldwagter in die Kruger Nasionale Park. Alhoewel die verhaal fiksie is, is baie van die natuurtonele gebaseer op ware observasies en ondervindinge.

Hierdie is ‘n deel van die KNP wat die toeriste nooit sien nie.

Tom Yssel was senior veldwagter op die Nwanetzi-buitepos naby die Mosambiekse grens in die vroeë 90’s. Die onwettige handel in ivoor en renosterhoring het stropery laat eskaleer tot die vlak van georganiseerde misdaad.

Tom was verloof aan sy ou skoolkys en hy was ‘n gelukkige man, tevrede met sy lewe.

Tot Linda Crawford, die nuwe prokureur in Nelspruit, soos ‘n dief in die nag in sy lewe ingesweef het op die wieke van lemoenbloeisels en mooi bene.

Teen die agtergrond van hierdie dreigende liefdesdriehoek is Tom en sy kollegas gewikkel in ‘n bloedige stryd met die stropers en die sindikaat.

Tom het meer respek vir die wette van die natuur as die van mense. Hy is ‘n reguit, harde man met ‘n byna obsessiewe liefde vir die natuur.

Die teikenmark van hierdie boek is natuurliefhebbers, KNP-entoesiaste, en liefhebbers van liefdesdramas en realistiese aksie.

  • Product ID: 2100
  • Manufacturer:
  • Category: , ,
  • Published: August 2, 2016
  • Availability: Check
  • Product price last updated: 4 years ago

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close