Skryf van van ‘n eBoek

Wat op aarde skryf ek oor in ‘n eBoek?

Paul Jun skryf in sy Blog dat dit regtig nie so moeilik is om ‘n eBoek te skryf nie.
 
Die eerste vraag wat jy jouself moet afvra is: hoekom?
 

Jy het ‘n storie om te vertel, dalk is jy ‘n kundige op ‘n sekere gebied of iets dramaties het in jou lewe gebeur!
 
Die vraag bly: hoekom die moeite doen?
 
As jy ‘n briljante idee het, is ‘n eBoek die ideale voertuig om die idee aan jou profiel te koppel voor iemand die idee by jou steel. As ‘n eBoek reg benader word sal dit ongelooflike blootstelling gee aan jou idee. ‘n Suksesvolle eBoek kan die gevolg hê dat die skrywer as ‘n gesaghebbende in sekere veld beskou  mag word. Die getal lesers van eBoeke het die afgelope jaar verdubbel en in die VSA besit een uit vier mense ‘n tablet-rekenaar wat eBoeke funksionaliteit het. In Suid-Afrika is die penatrasie van slimfone ongelooflik groot en al meer gebruikers lees eBoeke daarop.
 

Volg drie stappe om jou eBoek te skryf

 

Stap1

Bepaal jou doelgroep

Sonder mense wat nie kan wag om die eBoek te lees nie, mors jy jou tyd! Paul Jun stel voor dat jy die volgende vrae aan jouself vra:

– Wie is jou doelgroep waarop die eBoek gemik is,

– Waarvan hou hulle?

– Hoe voel hulle oor ‘n sekere aspek?

– Wat sal hulle graag wil leer of meer oor wil weet,

– Wat kan hulle baat deur die eBoek te lees,

– Hoe kan ek die eBoek aanbied om te verseker dat ek ‘n verhouding met my lesers kan vorm. Gaan ek miskien idees en voorstelle verskaf wat die leser deel van sy lewe kan maak en hom verbind met ander lesers en die skrywer.
 

Stap 2

Het ek ‘n platform of ‘n seepkis?

 

Goed en wel jy het ‘n eBoek geskryf, maar dit help nie veel as niemand van die eBoek weet nie. Dit is hoekom jy ook moet dink oor die kanaal waar jy jou boek beskikbaar gaan stel aan lesers.

Daar is verskeie opsies: Die eerste twee opsies is Kindle Direct Publishing en Smashwords.
Smashwords en ander Amerikaanse selfPub-ondernemers verskaf ‘n goeie diens maar die blootstelling van die eBoeke wat daar gepubliseer word aan die Afrikaanse mark is beperk. Aangesien die uitgewers op die Engelse mark gefokus is, is kans min dat die gepubliseerde eBoek sal opduik in ‘n Internet soekenjin soektog.
 

MyAfrikaans.com se Kindle platform is ook ‘n opsie om te oorweeg. Skrywers wat selfPub by myAfrikaans kry die volgende bloodstelling:

  •  ‘n eBoekwinkel waar die eBoeke aan lojale gebruikers gelewer word. Die eBoekwinkel word as een van die top soek resultate verskaf deur die top soekenjins,
  • ‘n Skrywers bladsy.
  •  ‘n Facebook bladsy waar die eBoeke bemark word en interaksie verskaf met lesers,

Stap 3 : Skryf die eBoek!

    Die gehoor wat die eBoek gaan aanskaf is bepaal en  daar is sekerheid oor watter platform geskik sal wees om die eBoek aan te bied.
     
    Wat nou?
     

    Begin net eenvoudig die eBoek skryf!
     

  • Die ideale formaat is om die eBoek in MS Word te skryf. MyAfrikaans.com verkies ook dat die eBoek in Word formaat aan ons gelewer word, waarna dit verwerk sal word in ‘n ePub eBoek.
  • Onthou ‘n voorwoord en ‘n inhoudsopgawe.
  • Gee duidelike ‘n aanduiding waar ‘n hoofstuk begin en eindig.
  • Hou die teks so eenvoudig as moontlik, gebruik standaard lettertipes en moenie kop- en voetteks invoeg nie.
  • “Bold”, kursief en opskrifte kan gebruik word en die word suksesvol verwerk in eBoek formaat.
  • Afbeeldings kan ook gebruik word, en die .JPGs formaat word aanbeveel.
  • Moenie verwysing vergeet as sekere bronne aangehaal word nie.
  • Dit is belangrik dat jy “dit net doen” en nie oorweldig word met die “boekskryf idee” nie. Die meeste eBoeke is einlik net ‘n lang Blog-artikels.

 

[contact-form][contact-field label=’Naam’ type=’name’ required=’1’/][contact-field label=’E-mailadres’ type=’email’ required=’1’/][contact-field label=’Website’ type=’url’/][contact-field label=’Reactie’ type=’textarea’ required=’1’/][/contact-form]

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close