Martin Steyn

6190yp-82kL._UX250_

Toe ek 15 was, het ek THE DARK HALF by die biblioteek uitgeneem, salig onbewus dat Stephen King op die punt was om my lewe te verander. IT het my heeltemal meegesleur. Ek wou ook wêrelde op papier skep. My eerste poging was 26 bladsye se woorde in potlood en ek was verlief.

Iewers langs die pad het ek reeksmoordenaars ontdek, heel moontlik as gevolg van SILENCE OF THE LAMBS. Ek het begin lees oor regte moordenaars, soos Jeffrey Dahmer en Ted Bundy, gefassineer deur hierdie mans wat op die oppervlak so normaal lyk, maar aan die binnekant oor die dood fantaseer. Die plaaslike koerante was vol berigte oor ‘n reeksmoordenaar wat jong seuns tussen die duine los, 30 km van waar ek gebly het.

Ek het Sielkunde en Kriminologie deur die Universiteit van Suid-Afrika studeer en ‘n honneurs-graad in Sielkunde voltooi. En daarna reeksmoordenaars en profielsamestelling in erns bestudeer. Dit opgevolg met navorsing oor die misdaadondersoek. Tussendeur het ek sewe artikels oor Suid-Afrikaanse misdade vir die Crime Library geskryf, onder meer oor die reeksmoordenaar Moses Sithole.

In 2014 word my eerste misdaadroman, DONKER SPOOR, deur LAPA Uitgewers gepubliseer. SKULDIG volg in 2015.

Realisme is vir my baie belangrik in my skryfwerk, en ek is bevoorreg dat soveel speurders en forensiese deskundiges bereid is om hulle ervarings en kennis met my te deel. Dit help my ook om te onthou dat dit gewone mense is wat die stryd voer om geregtigheid te kry vir dié wie se laaste hoofstuk in ‘n moorddossier neergeskryf word.

Donker spoor (Afrikaans Edition) 1 Skuldig (Afrikaans Edition) 1

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close