Viva la Vida

‘n Lekkerlees roman wat jou tone sal laat omkrul

‘n Lekkerlees roman wat jou tone sal laat omkrul

Hoe gemaak as jou bestie met ‘n ander meisie in die kerk staan? Dit is die dilemma waarin Viva la Vida haar bevind met g’n idee hoe sy daaruit gaan ontsnap nie.

Bernette Bergenthuin is bekend vir haar sterk heldinne wat hulle vrou in ‘n manswêreld kan staan.

Die “leading lady” in haar jongste boek Viva la Vida is geen uitsondering en ‘n ingeneur én argitek wat steeds haar “bestie” se bene tydens hulle oefensessies lam kan hardloop.

Na jare van rondval van die een verhouding na die ander staan haar beste vriend uiteindelik op trou.

Die enigste probleem: Vida is nie gek oor die meisie nie. Tog redeneer sy, as hy hom lewenslank met ‘n Barbie wil opsaal, is dit seker sy saak.

Waarby sy egter nie verby kan kyk nie, is die “best woman” tuxedo-aandrok wat sy vir die troue moet dra.

Dit, plus die feit dat almal haar met die verloofde se broer probeer afpaar en sy nog boonop die verloofde gelukkig moet hou, is genoeg om enige vrou se senuwees ‘n knou te gee.

Haar beroepslewe as argitek styg ‘n onverwagte trap of twee en terwyl sy daarmee probeer tred hou, doem daar natuurlik ‘n hele par ander komplikasies op.

Haar onvergenoegde ma, haar swerwende pa enongeoorloofde affairs begin aan die orde van die dag lyk.

‘n Ramparty haak amper uit en ‘n naweek in die Bosveld het rampspoedige gevolge.

As daar ooit ‘n moontlikheid was dat Vida se beste vriend eintlik die liefde van haar lewe is, is dit nou te laat. Die strykkwartet speel al die troumars, letterlik… R215, LAPA Uitgewers.

Meer oor die skrywer:

Bernette Bergenthuin is ‘n jong advokaat van Pretoria. As oud-Matie sal die Boland altyd herhinneringe inhou wat sy koester, maar tans is die kriewelrige Noorde haar tuiste.

Na prettige hoërskooljare by die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, studeer Bernette BRekLLB op Stellenbosch en leef haar totaal in al wat kampusaktiwiteit is in.

Sy voltooi ‘n honneursgraad in Bestuursrekeningkunde en haar prokureursklerkskap in Pretoria. Pupilskap by die Pretoria Balie volg.

Bernette se eerste Romanza, Flenter vir Lint, word in 2011 gepubliseer waarna nog twee Romanzas volg. Daarna waag sy haar hand aan ‘n romantiese komedie, Lam in Wolfsklere.

In 2014 verskyn nog twee romans, Als oor Kop en Stiletto’s van Staal. Sy is reeds twee keer ‘n finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys, een maal vir die romanseprys met Glansheld en die koerantprinses en die tweede keer vir die liefdesromanprys met Stiletto’s van Staal.

myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close