Die derde spoel deur SJ Naudé: ‘n resensie

Helize van Vuuren Resensies

By die eerste lees is Die derde spoel ‘n spannende speurverhaal oor ‘n verlore 1933-film en ‘n beeld van jeugopstand teen kapitalisme in Londen en Berlyn gedurende die jare 1986–1990, asook ‘n gayseks-en-liefdesverhaal in die Bildungsroman van ‘n uitgeweke Afrikaanse jongeling. Hierin is biografiese trekke van die skrywer, wat ook in Londen gebly het, gefiksionaliseerd en vertekend, ruweg te traseer, asook JM Coetzee se eie Boyhood aanvanklik vir die flardes van Etienne se Pretoria-seunsjare deureengeweef, en Youth in Londen as ‘n andersoortige teenhanger.

Veel boeiender word die teks by ‘n herlesing. Met die eerste lesing het die derde afdeling, “Laboratorium” vir my maar effentjies en floutjies gelyk. By herlees blyk dit die groot singewende sluitstuk te wees van ‘n magistrale roman wat sowel kunswerk as filosofies-kulturele kommentaar op die mens en sy sogenaamde beskawing is.

Die derde spoel (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid-Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, post-punk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op ’n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige […]

Tags:
myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close