Nuwe eBoeke van Lapa

Fiksie

Offerande
Chanette Paul
ISBN: 978-0-7993-8132-0

Offerande (Afrikaans Edition) (Offer-tweeluik)

Caz Colijn is terug en daar is ’n hengse klomp ongeslypte diamante in haar besit.
Chanette Paul se Offerlam was ’n blitsverkoper en lesers kon nie wag om hulle hande op die volgende roman in hierdie tweeluik te lê nie. Wel, hier is dit. Offerande het geland.
Die spanning is dadelik snaarstyf, want ’n klein beriggie in die koerant maak ’n hele klompie mense bewus van die beelde wat Caz geërf het; en talle weet wat in daardie beelde moet wees. Is dit waarom haar eksman skielik opdaag? Is dit waarom ’n Kongolese vrou haarself voordoen as kunshandelaar en 2 000 Euro aanbied vir dáárdie beeldjie? Is dit waarom daar op bladsy 100 reeds talle lyke rondlê?
Sorg dat jy genoeg koffie het. Hierdie boek is DIK, maar jy gaan dit wil deurlees.
Bestel pizza vir die kinders, los die mikrogolfinstruksies by die Woollies-kos in die vrieskas sodat jou partner iets kan eet, en verkoop jou aandele in die naelknippermaatskappy.

Wat lesers oor die vorige boek, Offerlam, op Goodreads gesê het:
Rina Coetzee: “Wat ’n heerlike leeservaring. Uitstekende karakters, baie kinkels in die kabel. Interessante plekke en gemaklike taal maak dit een van die lekkerste boeke wat ek in ’n lang tyd gelees het.”
Margitte: “Historical fiction, with pre- and post-colonial events in The Democratic Republic of Congo as the focus. The beauty and charm of Belgium, and a plethora of well-developed characters fill the pages with mystery, suspense and a gutsy approach to modern history. The ending, being an introduction to the follow up in this series, is a Gone with the Wind experience, which was the best ever …”
Alta Cloete: “Offerlam is ‘n moet-lees vir enige Chanette Paul-aanhanger. En kan ’n heerlike ontdekking wees vir die oningewydes.”
Suikersoetsonde
Dina Botha
ISBN: 978-0-7993-8133-7

Suikersoetsonde (Afrikaans Edition)


Zelda Forie wou haar man verras. In die slaapkamer tref sy hom egter aan – in hulle bed – met ’n ander vrou.
Oor die volgende klompie dae word sy gekonfronteer met skuldgevoelens oor ’n huwelik van meer as twintig jaar wat nou aan skerwe lê. Sy het alles gedoen en gegee om vir haar man en seun ’n gerieflike en goedversorgde huis te gee. Haar dagtake het sy met entoesiasme aangepak, daarom maak dit haar man se verraad ondraaglik.
Op aandrang van ’n vriendin, maak Zelda ’n afspraak met ’n prokureur, Frans Malan. Sy hou nie van die kil sakeman wat sy daar in die kantoor raakloop nie.
Toe Frans haar egter ’n paar dae later met miergif betrap, dwing hy haar om eers asem te skep in ’n koffiewinkel. Hierdie gesprek, weg van sy lessenaar, sou toe nie die laaste een wees nie.
Zelda ontdek uiteindelik soveel goed wat sy haarself nooit veroorloof het nie, is eintlik soet, suikersoet.
En die miergif? Kyk maar self of die res van die verhaal dit nog nodig het.

Dina, die klein pakkie DINAmiet
Dina Botha het sedert Maart 2013 reeds 146 keer die Nielsen Topverkoperlyste gehaal. Dit is 146 keer uit 183 weke. Hoeveel ander skrywers kan dít sê?
Oor die afgelope tien jaar het Dina Botha haarself in die harte van lesers ingewurm. Sy het reeds meer as vyftig boeke op haar kerfstok.
Sy het haarself die afgelope dekade gevestig as een van Afrikaans se skryfikone.

Fortuin
Chanette Paul
ISBN: 978-0-7993-8144-3

Fortuin (Afrikaans Edition) (Gys Niemand-reeks)

Waar skuil die bose in Eden?
Is Eva van Eden ’n heks, of ’n engel? Is Paradyskloof die voorpoorte van die hemel, of ’n Satansnes?
Xanthe Tredoux moet dít gaan uitvind in opdrag van Tuisfront se redakteur.
Die werklikheid waarmee Xanthe by die sogenaamde holistiese oord te doen kry, is surreëel: die kasteelagtige huis, die meer, tematuine, labirint en ondergrondse tonnels. Die rituele verwar haar net soveel soos die vreemde gaste. Wat haar egter die meeste verwar, is Math Stone se betrokkenheid; ook dat Eva al hoe meer soos ’n engel begin lyk.
As Eva egter nie die skuldige is nie, is iemand anders besig om die septer van die dood op Paradyskloof te swaai, want twee gaste het reeds aan die hand van “Moeder Natuur” gesterf.
Dan word dit duidelik dat Xanthe volgende in die visier is.

Wat lesers op Goodreads sê oor Fortuin:
Ansie: “’n Spanningsroman met ewe veel spanning as romanse. Die boek hou jou aan die lees en raai en wonder en die einde is ‘n verrassing.”
Jackie VD gee die boek vyf sterre en een woord: “UITSTEKEND.”

Die Gys Niemand-reeks
Fortuin is die tweede spanningsroman in die Gys Niemand-reeks wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk. Hulle is so gewild dat die reeks nou reeds ’n derde keer uitgegee word. Die eerste boek in die reeks is Springgety.

Springgety (Afrikaans Edition) (Gys-reeks)

 

Boheem en Meetsnoer volg hierop en Dryfhout, die vyfde boek, sluit die reeks af.

 

Boheem (Afrikaans Edition)

Dryfhout (Afrikaans Edition)

myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close