Olka Bolka – Kammaland in Kleur (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price Amazon.com Price (as of March 19, 2024 2:04 pm - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

Eugene Maritz is ‘n amper-tiener in die 1970’s in ‘n klein myndorpie in Namakwaland, waar byna al die mans van die gemeenskap by die ondergrondse kopermyn werk. Saam met sy boesemvriend, Hennie Etzebeth droom hulle van ‘n beter lewe, weg van die armoede en eenvoudige bestaan. Hul droom neem skielik vorm aan as die myn sy werksmag moet afskaal en die mans ander werk en heenkome moet kry. In Johannesburg, ‘n plek waarvan hulle nog net gehoor het. Selfs nog voor die skuif na Transvaal, begin Eugene al met onwettighede wat direk indruis teen sy konserwatiewe leefwyse. In die groot stad raak sy bedrywighede erger, as hy later, steeds op skool, by die skrikbewind van die Italiaanse Mafia betrokke raak, sonder dat sy familie daarvan bewus is. Rykdom word onbeskaamd nagejaag, die onwettighede nou grootskaalse georganiseerde misdaad, wat hom soos ‘n handskoen pas. ‘n Tragedie tref die Maritz-gesin as geweldsmisdaad in pre-demokratiese Suid Afrika sy slagoffers eis. Rassehaat en misdaad raak deel van sy daaglikse bestaan. Selfs tydens sy twee jaar in die weermag duur die onwettighede voort. As hy die korporatiewe leer met groot treë klim en later met sy skoolliefde trou, is die weg gebaan vir ‘n suksesvolle toekoms, wat egter tragies ontspoor. Owerspel, rampokkery, prostitusie, moord, smokkelary en dwelmmisbruik raak deel van sy dagtaak, wat sy ondergang stelselmatig bewerkstellig en die weelderige leefstyl in sy spore stop. As die Maritz-gesin deur ‘n nóg groter tragedie geteister word, tuimel die hele kaarthuis ineen, met onmeetbare gevolge. Olka Bolka, Kammaland in Kleur* skets werklike realiteit wat afspeel oor veertig jaar, ontstellend gedetailleer met omstrede kwessies dramaties, stikdonker uitgebeeld.

Max Brehmer, die skrywer, voer ‘n kluisenaarsbestaan op ‘n plaas in die Hoëveld van Mpumalanga, Suid Afrika. Hy is uiters privaat, vermy sosiale aktiwiteite en het slegs enkele vriende. Diè boorling van die Noord Kaap het geen tersiêre skrywersopleiding, lees slegs nie-fiksie en vind deursnit Afrikaanse fiksie vervelig. Hy skryf sy eerste toneelstuk op die ouderdom van elf en voer dit saam met ‘n vriend voor ‘n gehoor op. Dis sou byna veertig jaar neem voordat hy weer die pen opneem. Op skool was hy ‘n ramp. Hy verlaat dit voortydig ná ‘n onderonsie met ‘n onderwyser en beproef ‘n paar loopbane voordat hy ná die dood van een van sy kinders begin skryf.

  • Product ID: 172037
  • Manufacturer:
  • Category: ,
  • Published: January 18, 2018
  • Availability: Check
  • Product price last updated: 4 years ago

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close