Agter Geslote Deure (Afrikaans Edition)

Price: Check Price Amazon.com Price (as of March 28, 2024 11:08 am - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

Agter Geslote Deure is ‘n boek oor ongeëwenaarde pyn, seksuele misbruik, drugs en drank. Dit is ook ‘n oogblik op die verhouding van ‘n psigopatiese ouer met die res van sy huisgesin vir wie hy veronderstel was om te beskerm maar instede het hy self verwoesting gesaai. Verkenning en erkenning van die donkerder kant van seksuele kindermisbruik en die kind se stryd met aanvaarding en verwerking daarvan. Van kind tot volwasse. Hierdie boek is ‘n moet lees vir ieder en elk van ons daar buite.

Seksueel misbruik deur familie en sy eie pa as jong kind word Johan meegesleur in ‘n wêreld van pedofiel kringe waarby die gebruik van verbode middels en drank hooggety vier! Johan word forseer om seks te hê met ander mans terwyl sy pa die vrugte daarvan pluk. Sy pa oorheers sy lewe op ‘n wrede manier deur hom self met ‘n rewolwer te dwing om aan sy siek dade deel te neem. Doodbang en geskend vir die res van sy lewe voer Johan ‘n stryd om oorlewing na die beste van sy vermoeë. Sagmoedig en gebroke raak hy ‘n alleenmens wat homself in sy boeke en gedagtes laat herlewe en sy verbeelding gebruik om vir homself helde en vyande te skep waar hy die pyn en hartseer kan verwerk wat hy deurgaan. Johan het vertrouens probleme en dit lei hom na ‘n lewe van alleenloper tot in sy volwasse lewe waar hy stadig op eie sy leer om die verlede die stryd aan te sê.

Deur Agter Geslote Deure te skryf het Johan grotendeels die pyn en ervaring herlewe en daardeur vir homself op ‘n manier genesing gebring. Hy reik ook uit na ander om hulle te vertel dat daar genesing is en dat hulle nie alleen is nie!

‘n Resensie vir Agter Geslote Deure:

Hierdie boek het my diep gegryp met die openlike eerlikheid en self ontbloting van die skrywer. Om 35 jaar lank teen almal en alles te baklei ,waar jy jou mag bevind, is nie ‘n grap nie. Selfs teen die mense wat veronderstel is om jou lief te hê en te beskerm. Hoe word mens heel? Hierdie vraag vra ek terwyl ek die boek lees en die pyn sien waarmee hierdie kind stry.

Die boek gryp die diepste menswees aan dat die hele 35 jaar se lewe verby gaan en niemand in die sissteem is daar nie. Waar is die GROOTMENSE EN DIE PROFESSIONELE MENSE?

Die skrywer het ook ‘n teenstrydige gevoel rondom Godsdiens, Christenskap en ja waaarom doen die Here dit ? Hy vra dit ook in die boek. Dit laat my dink aan Ps. 139 : 13 “ U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder “ Die skrywer se dat die Here sy pa as instrument gebruik het dat hy anders is, maar se ook dat mense hul christelikheid op hom wil afdwing.

Ek lees die hunkering na ‘n anker in die lewe van hierdie gebroke mens.

NAOMIE VICTOR, MAATSKAPLIKE WERKER, 37 JAAR ERVARING

Johan Botha is die skrywer van Agter Geslote Deure en het dit ook pas in Engels vertaal. Hy is in die proses om aan nog 2 manuskripte te werk wat hy binne die volgende 2 maande wil voltooi.

Kreatiewe skryfwerk is ‘n passie by Johan en hy het sover gegaan om alles op te gee sodat hy sy lewenslange droom voltyds kan volg.

Johan beplan ook om by skole en ander instansies mense en kinders meer bewus te maak van sekuele misbruik en ook die gepaard gaan daarmee van drug en alcohol misbruik.

Johan se gunsteling skrywers is : Wilbur Smith, Dean Koontz, Stephen King en Matthew Reily.

  • Product ID: 57
  • Manufacturer: Ulterior Eye Publishing
  • Category:
  • Published: August 1, 2016
  • Availability: Check
  • Product price last updated: 4 years ago

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close