Doodsroeper (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price Amazon.com Price (as of March 28, 2024 1:53 pm - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

Februarie, 1861. ’n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, lê Stilbos – ’n misterieuse bos sonder voëls, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, ’n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf.

Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos gevind. Dit is ongetwyfeld moord en Soois Bruwer, ’n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel.

Hoe dieper hy delf, hoe ingewikkelder word die saak en hoe meer besef hy dat hy eintlik maar bitter min van die mense óm hom weet. Op hul hulp kan hy ook nie juis reken nie. Daar is nou wél oom Albert Siener met sy vreemde visioene, maar daarvan verstaan Soois g’n snars nie. Dan is daar Nella Uys, ’n onkonvensionele, geheimsinnige vrou wat baie weet, maar min sê. En klein Krisjan Harmse wat die oplossing vir die raaisel ken, verraai niks.

Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met ’n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, maar ’n hele klompie verrassings wag nog op hom …

  • Product ID: 161337
  • Manufacturer: LAPA Uitgewers
  • Category: ,
  • Published: April 12, 2017
  • Availability: Check
  • Product price last updated: 4 years ago

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close