MOOISTE LIEFDE UIT GISTER SE AS (Afrikaans Edition)

Price: Check Price Amazon.com Price (as of April 19, 2024 7:27 pm - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

Vicky ken slegs die lewe van ‘n weeshuis, en daarna die van ‘n Au pair in ‘n vreemde land. Toe sy onverwags ‘n reuse erfenis van haar biologies pa, wat sy nooit geken het nie, ontvang, het sy net een begeerte. Om die lewe vir ongehude moeders makliker te maak. Groenheide waar die weeshuis is, is toegemaak, en die plek is in die mark. Sy koop dit sonder om ‘n oog te knip.
Daar aangekom tref sy ‘n wildvreemde, uiters aantreklike Dries daar aan. Sy beveel hom om pad te gee, die plek behoort nou aan haar. Hy sê nee, sy gaan nog lank met hom opgeskeep sit, en hy het papiere om dit te bewys.
Groenheide is ook skielik nie meer die rustige plek wat sy geken het nie, vreemde, gevaarlike dinge gebeur. Verskeie kere moet sy op Dries se hulp staat maak, en albei word bewus van ‘n dieper band wat tussen hulle groei, maar nie een praat daaroor nie.
Sy en Dries beland albei by tye in die hospitaal, en toe hulle weer saam op Groenheide is, wil Dries nie meer sy gevoelens opkrop nie, en praat reguit met haar. Maar Vicky weier om toe te gee, sê hy verbeel hom dinge, en dit terwyl haar hart skreeuroep na sy liefde. Sien, Vicky het tydens haar ongeluk ‘n baie lelike litteken oor haar wang opgedoen, en hieroor baklei haar hart en verstand met mekaar. Hoe kan ‘n man so ‘n lelik geskende mens liefhê, is hy nie dalk agterr haar geld aan nie? Hy verseker haar na haar operasies gaan sy weer mooi lyk, maar sy glo nie vir hom of haar dokter nie, en dryf Dries telkens van haar af weg. Maar bloed kruip waar dit nie kan loop nie, en so ook die liefde.

  • Product ID: 188085
  • Manufacturer: Hendrika Cloete
  • Category:
  • Published: September 26, 2019
  • Availability: Check
  • Product price last updated: 4 years ago

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close