
Top Afrikaanse eBoek verkopers van November 2018
#1
Prooi – Top 100 Afrikaanse eBoek verkopers
Price: Check PriceKapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson […]
#2
My groot liefde (Afrikaans Edition)
Price: Check PriceKatryn is tevrede met haar lewe, totdat sy eendag opkyk en ’n groot blonde man met Chris Pine-blou oë in haar deli sien stap. Vir die eerste keer in jare spring haar hart regop met ’n en-wat-het-ons-hier?
#3
Liefde vir ‘n cowboy (Afrikaans Edition)
Price: Check PriceAmi is New York se gunstelingstouterd, Brad is die goue seun van Country-musiek. Hul Las Vegas-troue is ’n skandaal, maar hulle moet voorgee om verlief te wees om hul families te beskerm. Maar Ami beleef by Brad iets wat sy gedink het nie meer bestaan nie – liefde sonder voorbehoud.
#4
Kantelpunt (Afrikaans Edition)
Price: Check Priceʼn Feministiese roman vir konvensionele vroue Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding. Nellie is pas 50, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in […]
#5
Gelukkige Ongeluk (Afrikaans Edition)
Price: Check PriceGelukkige Ongeluk vertel die verhaal van Miandré Venter, ‘n Meestersgraad student wat in ‘n ernstige motor ongeluk beland het nadat sy haastig die pad gevat het toe sy haar verloofde op sy knieë voor haar suster gevind het. Toe sy na weke in die hospitaal weer by kom, vind sy uit sy lei aan geheueverlies […]
#6
Sondag (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek
Price: Check PriceSondag. Oukersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word bekende sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos: Katerien van Zyl, vryduiker met ’n Amerikaanse paspoort, en ook haar kinders Willem en Cath. Ná ses weke is daar nog geen leidrade nie, en kaptein AJ […]
#7
Skoenlapper (Afrikaans Edition)
Price: Check PriceAlex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind. By ’n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf met ’n bos swart krulhare, ’n t-hemp wat sê Dr. Seuss is altyd […]
#8
My Optelkind (Afrikaans Edition)
Price: Check PriceTwee ertjies in ’n dop, dit was wat haar ma altyd gesê het voor alles verkeerd begin loop het. In die kinderhuis moet Andrie baklei vir haar tweeling, sowel as vir haar eie geestestoestand. Sy ontdek dinge wat alles in haar omvergooi, asof die donkerte in haar verlede nie genoeg was nie, verloor sy alles […]
#9
Liefde binne die wet (Afrikaans Edition)
Price: Check PriceIngrid is sedert hul eerste ontmoeting op ’n agtervoet met Martin Steyn. Maar hy is haar dosent en sy mag hom nie aantreklik vind nie. As die glinstering in sy oë net nie deur haar verdediging breek nie.
#10
Die meisie langsaan (Afrikaans Edition)
Price: Check PriceLiebert het al die eienskappe van ’n trouman: humorsin, ambisie, eerlikheid, oneindige geduld en ’n bottersagte hart. Maar hy is vir nie Adamia bedoel nie, daarvoor ken sy hom te goed. Dus skryf sy hom in vir ’n Boer-soek-vrou-kompetisie. Maar nou wil sy ook deelneem!