Ys deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Elzette Steenkamp

Ys (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Kassie Kasselman en Rooi Els bevind hulle in die Spesiale Spookeenheid – ’n elite groep van die SAPD. Maar as oud-stasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder. Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ’n Washington-gekonkel, ’n oud-Pollsmoor-gevangene op […]

Plaaslike boekwinkels se rakke staan deesdae vol van Afrikaanse spanningsverhale met kragtige een-woord titels. Vir diegene wat op soek is na ’n lekkerlees-boek om die stil Sondag-middagure, voor die Carte Blanche-deuntjie begin speel, mee te verwyl, is een grilller seker net so goed soos die ander.

Maar verkies jy ’n intelligente, donker spanningsroman wat jou lank na die laaste bladsy nog effe ongemaklik laat, is Rudie van Rensburg jou man.

Kaptein Kassie Kasselman en sy kollega Rooi Els is terug in Ys, Van Rensburg se jongste spanningsverhaal. Hierdie keer bevind die paar hulle in die Spesiale Spookeenheid (SGU) – die SAPD se nuwe elite-speureenheid. Ondanks die fênsie naam en die belofte aan hoëprofielsake sonder administratiewe rompslomp, bied die SGU (nooit die SS nie, asseblief) nie veel opwinding vir Kassie en sy regterhandman nie.

Met net twee moordsake tussen drie speurspanne, lees hulle intussen maar deur stapels en stapels opleidingsmateriaal. Boonop het Kassie se nuwe bevelvoerder nie veel vertroue in twee oud-stasiespeurders se vaardighede nie.

Wanneer ’n vooraanstaande Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit die ideale geleentheid vir die tweemanskap om hulle speurvernuf te bewys. Op die oog af lyk dit soos ’n rooftog wat skeef geloop het, maar daar is dalk meer as een kinkel in hierdie kabel.

So word Kassie in ’n ingewikkelde komplot gedompel. Hoe steek ’n moord in die Noordpool, ’n politiese gekonkel in Washington, en die geval van ’n voortvlugtige oud-Pollsmoor-gevangene inmekaar? En dan is daar ook nog die geheimsinnige man met Die Drang wat snags deur die Kaap se strate rondsluip. Die intriges loop diep, maar Kaptein Kassie Kasselman laat hom mos nie so maklik afskrik nie.

Lees verder hier

Tags:
myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close