
Losprys deur Martin Steyn: ’n lesersindruk
Losprys (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek
Price: Check PriceDie wêreld is nie meer ‘n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is. “Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.” Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ‘n vermiste lewe in […]Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.
Wie my ’n bietjie ken, weet ek kyk altyd na die groot geheel. Waar begin dié? Jy wandel tussen die boekwinkel se rakke en skielik val jou blik op ’n sekere boek. Wie dink die mens kan net kos koop deur alle sintuie te gebruik, is verkeerd. Boekliefhebbers en passievolle lesers weet presies waarvan ek praat.
As ons na hierdie boek se omslag gaan kyk, lyk dit asof ons deur ’n ou geel glasskerf moet kyk. Daar is baie skrape. Die sig is beperk, voorwerpe is nie duidelik te siene nie. Nogtans betrap ons ons telkemale dat ons weer deur dié skerf gekyk het. Die wêreld daaragter is te aantreklik, te geheimsinnig. Flame Design kry dit weer reg om deur ’n treffende omslagontwerp ’n sekere gevoel te skep. ’n Blik op stukkendgeskraapte mense se siele.
Losprys is Martin Steyn se nuwe misdaadriller. Steven Gordon, die slagoffer, is ’n tienerseun van ’n Amerikaanse gesin. Hy loop gereeld af na die rotse in Llandudno, maar hy raak weg en sy foon is af. Toe bel iemand die ouers: “Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.”
Die ouers besluit nogtans om die polisie te betrek, maar hulle sal later wonder of dit die regte besluit was. Die situasie is baie uitputtend vir die ouers. Hulle moet verskeie kere dieselfde vrae beantwoord. Daar is protokolle en voorskrifte wat hulle moet volg, maar dis te frustrerend. “Hou op rondfok en kry my seun!” is dus heeltemal te verstane.