“Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van ‘n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir ‘n modderbad…” Annelize Slabbert was […]
Welkome reën verbreek uiteindelik ná jare die droogte op veertienjarige Dewald se pa se plaas Wilgevlei. Maar wolkbreuk op wolkbreuk volg. Dewald en sy pa is heeltemal afgesonder. Sy lekker ou speelplek, die Sterkspruit, het in ’n Monsterspruit verander. Sy donkiemaats, ou Jakob, Mara en Klein Jakob, staan vasgekeer op ’n eiland wat tevore nie […]
Sy is so verskriklik eensaam. So verskriklik bang. Haar hart is verskriklik stukkend. Mentje, ’n Nederlandse oorlogswesie, beleef die Tweede Wêreldoorlog in al sy genadeloosheid in ’n geheime kamp. Terselfdertyd sluit ’n Suid-Afrikaner by die Britse Leër aan. Mentje red sy lewe by die slag van Arnhem.
Weduwee Carlien Arendse het mans afgesweer. Vir die afgelope tien jaar is sy dolgelukkig om alleen te wees met haar werk as Streekhoflanddros om haar besig te hou. Totdat sy een oggend gaan draf en letterlik in ‘n blonde adonis vashardloop wat haar lewe onherroeplik verander. Te midde van die skindertonge op die dorp, vind […]
Raaiselkind is ´n verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek.Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop versit in haar verbete stryd om die kind wat hulle hele gesinlewe ontwrig “mens” te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, […]
Daar ver onder in die Kaapse nag steel iemand skilderye waarop vroue in blou geklee is. En kaptein Bennie Griessel droom van verloofringe, en sy kollega Vaughn Cupido bekommer hom oor commitment. En die private eye Billy de Palma, “narcissist, psycho, real arsehole”, is besig met sy gewone onheilighede. Maar hier bo in Sir Lowryspas […]
Die sprong van huursoldaat na huurmoordenaar was seker onvermydelik. Maar om dan te gaanstaan en verlief raak, dodelik.Toe die Sluiper se kamerade hom verraai, het sy siel gesterf. In ’n land waar kontrakmoordetoenemend die gang van sake bepaal, begin hy sy dienste beskikbaar stel aan diegene wat van ’nlastigheid ontslae wil raak. ’n Tsoenami van […]
Eugene Maritz is ‘n amper-tiener in die 1970’s in ‘n klein myndorpie in Namakwaland, waar byna al die mans van die gemeenskap by die ondergrondse kopermyn werk. Saam met sy boesemvriend, Hennie Etzebeth droom hulle van ‘n beter lewe, weg van die armoede en eenvoudige bestaan. Hul droom neem skielik vorm aan as die myn […]
Die militêre akroniem ‘TEIN’ staan vir ‘Teeninsurgensie’.Suid-Afrika se grootste teeninsurgensie-uitdaging was die Grensoorlog (1966-89), maar ‘n kwarteeu later duik ‘n nuwe bedreiging op; ‘n globale terreuraanslag met sy oorsprong in die Bybelse ‘Tuin van Eden’.Al-Kaïda het die Republiek infiltreer en smee verraderlike planne om die land se staatshoof om die lewe te bring.Twee voormalige Spesmag-operateurs […]
Om sy voete teen die warm sand te beskerm, tel Lia ’n seun by die strand op en ontmoet sy mooie, maar moeilike pa, Viljé. Sy weet sy moet wegbly van hulle, maar die oulike seun steel haar hart − ’n talent wat hy blykbaar met sy pa deel.