Resensie: Doodsengel deur Madelein Rust

Org Potgieter Resensies

Dis mos hoe ’n misdaadriller begin: met ’n moord in die eerste sin! Daarna neem die skrywer die leser op ’n rit van geweld en vergelding totdat sy op bladsy 366 ’n puik ontknoping skryf.

Rust gebruik die agtertoe styl om jou vorentoe te vat deur gebeure van ’n dekade vroeër as agtergrond te gee vir wat in die hede gebeur. Die heen-en-weer-styl – wat knap met naelbyters afgewissel word – ontknoop twee verhale, elkeen met sy eie spanning.

Magdalena Bakkes is ’n sielkundige wat as kind eindeloos onder haar pedofiel-stiefpa se verkragtings deurgeloop het. Sy kon haar nie verset nie, omdat haar ma dan wreed aangerand is.

In hierdie boek – haar sesde riller en tweede alleenstaner ná 13de Kaart – het die skrywer (voorlopig) afskeid geneem van die speurderpaar Renata Malan en Stefan Coetzee en Renata se verhouding met haar vigilante-vader George Alfred. Rust skep egter weer ’n vigilante-verhouding wanneer Magdalena die aanbod aanvaar dat haar derde moord onder die tapyt gevee sal word as sy help om van ander skuldiges wat vry rondloop ontslae te raak.

Haar derde moord? En dis nie die laaste een nie!

Hierdie verbintenis word meesterlik uitgebeeld en lei ook tot ’n liefdesverhouding. Magdalena word spoedig gedwing om haarself met groot moeite en deursettingsvermoë toe te rus vir die nuwe uitdagings wat op haar pad kom. Sy kry opleiding in Oosterse gevegskuns en word ’n baie goeie pistoolskut – vaardighede wat haar uitstekend te pas kom en wat sy met groot vrug aanwend.

Lees verder

https://myafrikaans.com/product/doodsengel-afrikaans-edition/

myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close