Toe Maryke, ’n jong hipnoterapeut, ’n kwak wat gehore kamma hipnotiseer probeer ontmasker, skud iets in haar onderbewuste los. Het dit te doen met die inbraak tydens haar matriekjaar? Wat is dit wat sy vergeet het?Lukas probeer haar help. Hy is haar steunpilaar en mentor, en die man op wie sy verlief is. Ook hý […]
Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op ‘n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n enigmatiese plastiese chirurg. En […]
Weinig mense spit diep in hulle spaargeld in, sluit hulle huis en klim vir drie maande van afsondering op ’n kanaalboot in die verre Engeland. Sonder geselskap. Sonder ervaring. Sonder ’n bootliksens. Sonder die voorwete dat alles goed sal afloop. Annelie en die gryse het besluit om die kanaalpad te vat en reg in die […]
Die brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood ontdek, skeur haar lewe oop. Jare lank het sy haar rug op Theo gedraai, ’n man wat sy laaste twee dekades in ’n inrigting moes deurbring. Só ook het sy die land se verlede weggestoot, die tyd toe tienerseuns gestuur is om […]
Die lewe vat en gee mos. Dit besef Desiree de Lange alte goed toe sy ’n nuwe voorkoms kry, maar daarna haar man by ’n ander vrou betrap. Maar Vincent – chirurg van beroep en verneuker van geaardheid – kom nie sy beloftes teenoor sy minnares, Gloria, na nie. En sy beland op Desiree se […]
Jare lank al is Lauretta Blom ’n gedienstige huisvrou in haar beige paleis, die eggenoot van Tobias Blom, ’n suksesvolle sakeman met belange in Johannesburg én die Kaap. Maar met hulle seunskinders wat nou groot en uit die huis uit is, begin die stilte en die pynlike netheid van Lauretta se praghuis in die Johannesburgse […]
“Wanneer ʼn dossier uit ’n polisiekantoor verdwyn en onverklaarbaar tot ’n bloedige gruweldaad lei, raak vergelding Thinus Olckers se enigste lewensdoel.Skatryk Patel, groteske oorlewende van ’n strafkamp in Sentraal-Afrika, koester ’n ou wrok wat ten alle koste bevredig moet word. Niks gaan hom stuit nie, ook nie Thinus Olckers nie.Voor die wraaktogte van beide Olckers […]
“Johan Jack Smith het die soort verwronge, donker verbeelding waarvan ek hou.” – Martin Steyn “Zola is ’n boeiende piknagdonker speurverhaal uit die swartse hart van ons land se geskiedenis en haar gevaarlikste stad.” – Jaco Adriaanse Die hel is los in Johannesburg se strate. Iemand is besig om jong meisies wreed af te maai […]
’n Plaaslike spioenasie wipplankrit. Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie – die Monteiro’s van Rossetenville – het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie dat hy deelneem aan een laaste geheime sending – al is […]
In Rudie van Rensburg se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster, ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. Slagyster eindig waar hy op vlug gaan ná hy geld gesteel het waarop in ’n dwelmsaak beslag gelê is. In Vloek is Carl terug. Ná ’n dekade word hy skielik gevrywaar van vervolging. Hy kan terugkom na SA – […]