Kinnes deur Chase Rhys

Mercy Kannemeyer

Resensies

Kinnes: ’n novelle (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Almal in Jurassic Park op die Kaapse Vlakte ken vir Anwaar ‘Ahnie’ Brandt vandat hy ’n ekstra in die film Gangsta Gangster was. Maar die baas van die Butcher Boys soek nog meer roem. Nou maak die gang hulle eie movies met hul selfone – movies wat die vrees in mense se oë vasvang. Ahnie […]

Temas wat aangeroer word

Sommige van die temas wat in die storie aan bod kom, is: om jonk en uitgelewer aan jou omstandighede te wees; die menslikheid van die verkeerde besluite neem; die invloed wat die teenwoordigheid of afwesigheid van ouers in ’n kind se lewe kan hê, met spesifieke betrekking op die rol van die pa of patriarg in die familiegegewe.

Die jongmense in die storie, die “kinnes”, gaan elk deur hul eie krisis en moet met alle mag probeer om te oorleef. Rhys kry dit reg om deur middel van die karakters se lewens die lewe en realiteite van talle ander op die Kaapse Vlakte te ontbloot. Hy doen dit egter met soveel empatie en deernis dat die leser toegelaat word om met elke karakter te simpatiseer. Tydens die lees van die novelle het ek konstant gewonder hoekom elke karakter optree soos wat hulle optree. Die kinnes is vasgevang in ’n fisiese sowel as geestelike ruimte wat moeilik is om uit te ontsnap. Die fisiese ruimte word al hoe moeiliker om in te leef, deur faktore soos dwelmmisbruik en geweld, terwyl die geestelike ruimte maak dat hul uitkyk op die lewe as gevolg daarvan, swaar daaronder begin ly.

Lees verder.

myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close