TEIN – Suid van Eden deur Albert Heenop

TEIN, Suid van Eden (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Die militêre akroniem ‘TEIN’ staan vir ‘Teeninsurgensie’.Suid-Afrika se grootste teeninsurgensie-uitdaging was die Grensoorlog (1966-89), maar ‘n kwarteeu later duik ‘n nuwe bedreiging op; ‘n globale terreuraanslag met sy oorsprong in die Bybelse ‘Tuin van Eden’.Al-Kaïda het die Republiek infiltreer en smee verraderlike planne om die land se staatshoof om die lewe te bring.Twee voormalige Spesmag-operateurs […]

In militêre terminologie staan die akroniem ‘TEIN’ vir ‘Teeninsurgensie’.

Die term ‘Teeninsurgensie’ verwys na uitgebreide veldtogte, militêr asook burgerlik, wat geneem word om insurgensie, te wete opstand en terrorisme, te beveg. Insurgensie behels sowel die gemobiliseerde aanwending van geweld as die ondermyning van gesag om politieke beheer in ‘n spesifieke streek uit te daag, te vernietig of oor te neem.
Teeninsurgensie-veldtogte word normaalweg geloods gedurende tye van oorlog, besetting deur ‘n vreemde, vyandelike mag of interne konflik waartydens ondermyning van gesag en gewapende opstand aan die orde is.
Die mees effektiewe TEIN-veldtogte integreer en reguleer politiese, ekonomiese, inligtings- en veiligheidskomponente wat staatsbeheer en doeltreffendheid versterk, terwyl dit terselftertyd die opruiende invloed onder die bevolking verswak en opstandiges, rebelle en guerrilla-vegters verdryf.
Teeninsurgensie behels sowel konvensionele militêre operasies as alternatiewe maatstawwe, insluitende propaganda, psigologiese operasies (psy-ops) en selfs sluipmoordaanvalle.
In ‘n Suid-Afrikaanse konteks was die grootste teeninsurgensie-uitdaging tot op hede die opspraakwekkende Grensoorlog, wat vir sowat ‘n kwarteeu lank, van 1966 tot 1989, gewoed het, en tussen 25,000 en 30,000 lewens geëis het.
Die Grensoorlog, wat ook bekendgestaan het as die Angolese Bosoorlog, was hoofsaaklik gevoer in Namibië (voorheen Suidwes-Afrika) en Angola, tussen Suid-Afrika en UNITA , aan die een kant, en die Angolese regering, SWAPO en hulle bondgenote, wat ‘n sterk Kubaanse invloed bevat het, aan die ander kant.
Die Grensoorlog het ook nou verband gehou met die Angolese Burgeroorlog, wat gewoed het van 1975 tot 2002.
Dit was egter nie uitsluitlik op die grens van Suidwes-Afrika waar grootskaalse terreur ‘n duidelik teenwoordige bedreiging gebied het nie. Binne Suid-Afrika se landsgrense het die gewapende ‘Vryheidstryd’ teen Apartheid onverpoos gewoed van 1961, met die totstandkoming van Umkhonto we Sizwe, die gewapende vleuel van die African National Congress, basies tot en met Nelson Mandela se vrylating uit die tronk – op 11 Februarie 1990…
In 2015, ‘n kwarteeu na Mandela se vrylating en met die nuwe Suid-Afrika wat sopas mondig geword het, het ‘n totaal nuwe bedreiging sy kop in Suider-Afrika uitgesteek; ‘n globale terreuraanslag wat sy oorsprong had in die Midde-Ooste – min of meer waar die Bybelse ‘Tuin van Eden’, volgens sowel Bybelkenners as wetenskaplikes, waarskynlik geleë was…

myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close