Afrikaanse eBoeke dossier

Dit is die vrees van menige nuwe skrywer dat hulle nie ‘n uitgewer gaan vind om hul boek uit te gee nie. Wat as die woorde wat die voornemende skrywer in die middel van die nag uitworstel te lig gevind word deur uitgewers. Jacqui Murray skryf dat sy nooit haar eerste soen en eerste afwysbrief sal vergeet nie. Volgens Jacqui is die frustrasie wat skrywers ondervind om hul werk gepubliseer te kry vinnig besig om te verdwyn met die uitgewersbedryf wat so vinnig verander.

Selfpublikasie maak baie deure oop wat vroeër streng beheer is deur die tradisionele uitgewers. Jacqui het in haar skrywersloopbaan haarself die vraag veelmaal afgevra: hoekom stel ‘n uitgewer nie belang nie – is haar werk nie goed genoeg nie?

Die realiteit van die huidige ekonomiese situasie is dat uitgewers dit slegs kan bekostig om topverkopers uit te gee. Dit neem gewoonlik twee tot drie boeke voor ‘n skrywer ‘n topverkoper skryf en die tyd is verby dat ‘n uitgewer ‘n skrywer ondersteun tot sy spreekwoordelike skip inkom. Uitgewers soek skrywers wat VANDAG suksesvol is.

Dit nie nodig dat skrywers moet opgee as hulle nie oornag ‘n blitsverkoper op die mark het nie. Die goeie nuus is dat daar ‘n groot vraag is na bekostigbare eBoeke. Baie boeke wat deur tradisionele uitgewers afgekeur word is suksesvol in die eBoek mark. Vir die meeste skrywers is skryf ‘n stokperdjie, wat hulle doen omdat dit hulle passie in die lewe is. Hierdie skrywers sal duisende rande per maand wil verdien met hul skryfwerk maar is tevrede met ‘n paar honderd rand. Agente van uitgewers in die teendeel glo dat daar slegs ‘n mark is vir blitsverkopers.

Hier is die uitdaging van selfPub om ‘n nis mark te vind van lesers wat nie kan wag om jou eBoek te lees nie. Selfs ‘n groot internasionale uitgewer soos Penguin, VSA begin die integrale rol wat selfPub in die besigheid speel raak te sien. Penguin, VSA het aangekondig dat hulle ‘n selfPub-diens gaan begin aanbied deur Book Country , hul aanlyn sosiale gemeenskap. Molly Barton die president van Book County is van mening dat daar ‘n groeiende hoeveelheid skrywers is wat direk na hul lesers toe wil gaan met hul eboeke. Book County respekteer hierdie nuwe realiteit en het eerder besluit om selfPub te ondersteun met die toepaslike tegnologie. Molly glo selfpub is ‘n neiging wat nie gaan verdwyn nie.

Daar is vier (4) tipes van publikasie: Selfpubliseer, Tradisionele uitgewers en e-publiseer

Tradisionele uitgewers:

Hierdie was in die verlede die enigste manier om te publiseer. ‘n Skrywer sou ‘n boek skryf, dit finaliseer en die manuskrip na verskillende agente toe stuur. As ‘n agent belang stel, sou hy ‘n ooreenkoms met die skrywer aangaan en ‘n uitgewer vir die boek kontrakteer. In Suid-Afrika was daar ook die praktyk om ‘n manuskrip direk te stuur na ‘n uitgewer. Indien ‘n uitgewer die manuskrip aanvaar, was hulle verantwoordelik vir die redigering, taalkundige versorging , buiteblad en bemarking. Die uitgewer het geen betaling van die skrywer verwag nie en het hul gedeelte uit die omset van die boek ontvang. Volgens PopularSoda.com was die proses nie altyd deursigtig nie en het die persoonlike voorkeure van die redakteur ‘n groot rol gespeel. Van die mees suksesvolle boeke van ons generasie is ‘n paar keer deur redakteurs afgekeur voor dit met groot sukses gepubliseer is.

E-Publiseer:

E-publiseer beteken eenvoudig dat ‘n eBoek elektronies gepubliseer word. Daar is partykeer ook ‘n gedrukte weergawe van die eBoek. Die e-Publiseer het die speelveld gelyk gemaak, ‘n groot onderneming kan miljoene rande spandeer aan ‘n spog uitgawe of ‘n skrywer kan sy eie eBoek van sy huis af reg oor die internet versprei.

Ego- publiseer:

Volgens PopularSoda.com is ego-publikasie wanneer ‘n skrywer ‘n voltooide manuskrip verskaf aan ‘n ego- uitgewer en duisende rande uitgee waar ‘n redakteur basies die boek oorskryf en die skrywer min beheer het oor die finale produk het.

Selfpubliseer:

Die skrywer gee self sy boek uit en is in beheer van die totale proses van publikasie van redigering, buiteblad ontwerp tot bemarking. Dit beteken natuurlik nie dat die skrywer alles self doen nie, maar hy besluit van wie se dienste hy gebruik maak en hoe dit gedoen moet word. By myafrikaans.com is die skrywer in beheer en besluit watter dienste hy benodig en wat sy begroting is. Die skrywer het direkte toegang tot sy lesers. Die skrywer besit die kopiereg is sy boeke en besluit waar en wanneer sy boeke verkoop sal word. By ‘n tradisionele uitgewer kan dit enige iets neem van 12 -15 maande voor ‘n boek verskyn. By selfPub- uitgewers soos myafrikaans.com kan ‘n eBoek binne 3 tot 4 weke verskyn. Waar skrywers by tradisionele uitgewers slegs ‘n fraksie van die verkoop van die boek ontvang, ontvang hulle by selfPub-uitgewers 70% van die verkooprys en by myafrikaans.com selfs 80%!

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close