Monica dra baie hartseer saam met haar na haar nuwe tuiste op Sekelbaai. ‘n Geheimsinnige man wat een maanlignag met haar kennis maak waar die seesand en bome skei, raak by haar probleme betrokke, selfs toe nuwe probleme die oppervlak bereik. Sy raak verlief op hom, maar hy hanteer haar net soos ‘n goeie vriendin of iemand vir wie hy jammer is, en sy besef gou sy sal haar gevoelens baie diep moet wegsit. Hierdie man, Tom, is na sy eie lewenservaring nie gereed vir ‘n verhouding nie. Dit word amper ‘n kat en muis speletjie vir haar, want soms kan sy haarself nie keer om sommer nader aan hom te wil beweeg nie, en ander kere is sy teruggetrokke wanneer sy besef hy kyk ander pad. Omstandighede gooi hulle bymekaar in haar huis vir ‘n ruk lank, en sy vind dit moeilik om hom nie te wys hoe sy voel nie. Soms is sy ook nie meer so seker hy staan afsydig nie. Wanneer ander mans openlik begin wys hul stel in haar belang, begin die prentjie vinnig ‘n ander vorm aanneem…
MAANLIGAANDE OP SEKELBAAI (Afrikaans Edition)
- Description
- Additional Info
- Comments (0)
- Customer Reviews
- Product ID: 188087
- Manufacturer: H CLOETE
- Category: gratis eBoeke
- Published: September 26, 2019
- Availability: Check
- Product price last updated: 5 years ago
No reviews available for this product.