Die enkelpa kry ’n vrou
Dokter Spring Darling het alles wat sy nodig het: ’n Wonderlike familie en ’n bedrywige werk om die kinders van Cedar Springs, Noord-Carolina, te help. Sy het moed opgegee om liefde daarby te voeg – tot die oomblik wat David Camden en sy oulike seuntjie by haar spreekkamer instap.
Spring aanvaar David is net nog ’n in-die-verknorsing-enkelpa wat na die gratis kliniek toe kom, maar voorkoms kan misleidend wees. Want David het ’n werk – hy is trouens die argitek wat ’n nuwe ontwikkeling in die middel van Spring se eiendom beplan! Sal Spring haar huis, én ’n nuwe liefde, kan behou as sy uitvind wat die ware toedrag van sake is?