Is dit ’n vergeldingsdrang wat iemand laat moor of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees?
Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug – gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in ’n sel sit nie. Al kos dit wát.
Doodsengel (Afrikaans Edition)
- Description
- Additional Info
- Comments (0)
- Customer Reviews
No reviews available for this product.