Een dood skuldig (Steve Smit trilogie Book 3) (Afrikaans Edition)

Price: Check Price Amazon.com Price (as of March 19, 2024 11:32 am - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

‘n Oud-Suid-Afrikaanse soldaat pleeg selfmoord op dieselfde dag as wat n skoolbus vol kinders bykans n kwarteeu gelede in n landmynvoorval verwoes is. Sy dood lei tot die vraag of hy betrokke was by die insident naby die dorpie Oshikuku in die noorde van die destydse Suidwes-Afrika.

In die ontploffing is sestien skoolkinders asook die busbestuurder en n Suid-Afrikaanse soldaat dood.

Destyds wou niemand aanspreeklikheid vir die gebeure aanvaar nie. Die Suid-Afrikaanse Weermag het verwys na talle voorvalle waarin lede van die plaaslike bevolking in SWAPO landmyne gedood is. Op sy beurt het SWAPO voet by stuk gehou die plant van landmyne is op weermagvoertuie gemik en nie skoolbusse waar hulle eie kinders gedood kan word nie.

Beskuldigings is in die media en op internasionale platforms oor en weer geslinger, maar die waarheid is ten alle koste deur die betrokkenes beskerm. Mettertyd het die insident net nog ‘n oorlogstatistiek geword.

Maar een koerantjoernalis in Windhoek het geweier dat hierdie oorlogsmisdaad in die vergetelheid raak. Jaarliks op die eerste Augustus het hy die gebeure in herinnering geroep en die vraag herhaal; Wie was vir die dood van die kinders verantwoordelik?

Volgens die joernalis was die plant van landmyne deel van SWAPO se terreurstrategie in Owamboland. Honderde plaaslike inwoners en Suid-Afrkaanse soldate is as gevolg daarvan dood en vermink. Maar, as SWAPO wel die landmyn geplant het, soos die Suid-Afrikaners beweer; wat het die Suid-Afrikaanse soldaat op die toneel gedoen? Kan dit toeval wees?

Die SAW het nie landmyne in Owamboland geplant nie omrede SWAPO nie met voertuie rondbeweeg het nie. Kon hulle dalk hierdie myn geplant het om SWAPO se aansien onder die bevolking n knou toe te dien?

Of het SWAPO dit gedoen in n poging om die bevolking se simpatie en steun te verseker?

Vir meer as twee dekades het die vraag tergend en onvervanderd in die lug bly hang.

Tot die selfmoord van oud luitenant Eric Schnell pas nadat hy die berig gelees het. Dit het die gebeure weer op die voorgrond geplaas en die vraag laat ontstaan: Was hy daar? Het hy iets geweet? Hoeveel ander middeljarige mans, oud dienspligtiges en professionele soldate dra kennis van die Oshikuku insident?

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close