Huis van die wind (Afrikaans edition)

Price: Check Price Amazon.com Price (as of March 19, 2024 2:07 am - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

Huis van die wind, wat oorspronklik in Oktober 2011 verskyn het was Sophia Kapp se sewende boek. Sedert haar verskyning op die toneel in 2007 het sy ’n stewige aanhang opgebou met nege romans, ’n joernaal en selfs ’n Romanza agter haar naam. Boonop slaag sy daarin om die leser met elke nuwe boek te verras. Sy het die vermoë om soms sosiale issues te vermeng met ’n romantiese element, soos in Die tuiskoms en Die verhuising, of soms net ’n lekker liefdesroman te skryf wat herinner aan Nora Roberts op haar beste. Hierdie is so ’n boek.

Lank staan Juan-Carlos na die slapende kind en afkyk, dan krul sy hande vasberade om die bababedjie se reling en hy trek sy asem diep in. Hy sal hierdie ding wen. Hy sál! Hierdie onkeerbare, onsinnige bruising wat elke keer in hom opstoot wanneer hy die vroumens sien, gaan hy uitroei, wortel en tak.

Sy is heeltemal buite sy bereik, verdomp! Kyk net hoe het sy vandag gelyk – die ene klas en styl en duur elegansie, met daardie somerblou oë en die vel so glad en wit soos albaster. ’n Regte, egte English rose, kompleet met erfgrond en ’n geslagsregister wat sy stellig kan terugtrek tot by Hendrik die Seevaarder. Wie is hy? Isabella D’Oliveira se weggooikind wat tussen kratte tamaties en streepsakke mieliemeel grootgeword het.

En sy’s boonop ’n ander man se vrou.

Al wat moet gebeur, is dat sy onnosel hart moet aanvaar wat sy kop lankal weet: dat Rosalie Harrington-Jones net so pragtig en koud en onbereikbaar is as die bliksemse Aandster en dat sy is waar sy veronderstel is om te wees: aan die sy van ’n Engelsman met ‘n lang bolip en ‘n Jaguar. Laat hy wat Juan-Carlos is liewer sy emosionele energie reserveer vir die gesin wat wel aan hom toevertrou is.”

Die afgrond tussen hulle is so onoorbrugbaar soos die Drakensberge se donkerblou klowe: sy is Boere-adel, een van die stoere Jordaans; hy is die Portugese kafeebaas se seun. Haar loopbaan het haar buiteland toe geneem, sy hart lê hier in Afrika. Daar is Henriëtte Jordaan se onversetlike vooroordeel teenoor KwaMoyeni se mense; die sjef, Thandi, wat na haar kyk met haat en afkeer in haar donker oë; en die klein seuntjie, Danny, wat teen Juan-Carlos se bors aanleun en duidelik die man se hart in sy klein handjie hou.

Toe Rosalie egter teen wil en dank vir Juan-Carlos D’Oliveira op KwaMoyeni moet gaan werk, kom sy stelselmatig tot die besef dat dít wat die gemeenskap – en veral Henriëtte Jordaan – al die jare heen oor hom loop en skinder het, nie die volle waarheid is nie. Dis ’n fyn siel wat in daardie groot lyf woon, iemand met oneindige begrip en deernis vir mense, iemand wat haar weerstand dag na dag wegkalwe en haar weerloos voor die omvang van haar eie liefde laat.

Maar dis eers toe sy die donker, wrede geheim ontdek wat op KwaMoyeni gehuisves word, dat sy besef: daar is ’n prys om te betaal, en sy is eintlik daarheen gebring om die rekening te vereffen.

Gaan al die verskille, die misverstand, die manipulasie en die bagasie van die verlede hulle uitmekaar dryf, of kan liefde, vergifnis en aanvaarding die heling bring wat hulle al twee so nodig het?

Chanette Paul sê van die teks: “Ek sit hier en pink ʼn traan weg, en voel baie bevoorreg om Sophia se manuskrip te kon lees. Ek het om die beurt hardop gelag, gegiggel, trane in my oë gekry, selfs ʼn paar gestort en deurgaans sommer net lekker gekry. Wat vir my egter die deurslag gee, is so ʼn soetseer gevoel wat aan mens se kiewe trek wat ek hier en daar – en net mooi op die regte tydstippe – ervaar het. Dis net uitsonderlike manuskripte wat dit aan my doen. Dis ʼn heerlike manuskrip en ek glo sy gaan haar lesers van vooraf uitboul. Dis ’n thumbs up all the way.”

  • Product ID: 186955
  • Manufacturer: LAPA Uitgewers
  • Category:
  • Published: December 21, 2018
  • Availability: Check
  • Product price last updated: 4 years ago

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close