Vakansie eBoeke

Die vakansie lê voor!

Kry ‘n lekker eBoek.

Die perfekte brander Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees. Hierdie versameling bevat 28 stories deur van die bekendste skrywers in Afrikaans, en ’n paar […]

Die perfekte brander en ander verhale
Marieta Nel & Adinda Vermaak (samestellers)
ISBN 9780799383805
R150,00
Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees.
Bekende skrywers en nuwe stemme skuur skouers in hierdie fantastiese bloemlesing wat kyk na die lief en leed van ouer tieners.
Elizabeth Wasserman, Christien Neser, Nelia Engelbrecht, Leon de Villiers, Anzil Kulsen, Fawa Conradie, Nellie Alberts, Carina Diedericks-Hugo, Anzil Kulsen, Maria Vos, Solette Swanepoel, HemelBesem, Marlene Smit, Christine Barkhuizen le Roux, Jaco Fouché, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Santie Nel, Dewald Koen, Tanya van Buuren Botma, Jan van Tonder, Eldridge Jason, Kobus Brown, Christo Davids, Madri Victor, Lynné Schoeman en Izak de Vries.
Jip, ’n bloemlesing met 27 splinternuwe verhale oor die vreugde, pyn en avontuur van jonk wees.
Ideaal vir die Kerskous!
Marieta Nel en Adinda Vermaak het as samestellers reeds twee topverkoper-kortverhaalbundels die lig laat sien: Sweef (2009) het al meer as 40 000 kopieë verkoop en Skreeu (2010) se vier oplae het al meer as 17 000 kopieë verkoop.
***
Stories about the joy and pain of falling in love. Stories about the courageousness, self-doubt and challenges of being young. Stories that will make you smile or wipe away a few tears. Stories that know what it feels like to be sixteen.

 

Strikdans (Afrikaans Edition)

Price: Check Price
Elle se matriekjaar skop op ’n aaklige noot af. Daar is skielik probleme tussen haar en Alex, haar kêrel. En Gravitas het ’n nuwe waarnemende skoolhoof wat ’n veer vir die skooltradisies voel. Elle probeer red wat te redde is – maar dit kan haar dalk haar hoofmeisiebalkie kos …

Strikdans
Christien Neser
ISBN 9780799383867
R150,00
’n Ramp.
Daar is geen ander manier om dit te beskryf nie. Elle is in matriek. Dit is veronderstel om die beste jaar van haar hele skoolloopbaan te wees. Sy is immers vanjaar hoofmeisie, sy het die beste vriende waarvoor enige meisie kan vra, sy gaan met die ou van haar drome uit, en daar is hope opwindende dinge by die skool om na uit te sien.
Maar die jaar skop op ’n aaklige noot af. Dinge tussen haar en Alex loop skielik skeef en by die skool wag ’n groot skok op almal toe die hoof, mevrou Bender, onverwags ernstig siek word. Die waarnemende hoof, doktor Grimm, voel ’n veer vir die skool se tradisies en die spesiale projekte waaraan Elle-hulle soveel tyd en aandag bestee het. Al waarin die vreemde man met sy strikdas en sy fobie vir katte belang stel, is wiskunde. Hy is vasbeslote om Gravitas die beste wiskundeskool in die land te maak.
Elle besluit sy kan nie net toekyk hoe Gravitas se trotse tradisies die een ná die ander sneuwel nie. Maar kort voor lank kom haar hoofmeisiebalkie in gedrang oor hierdie standpunte!
Christien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Hierdie een, die negende boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregs en romanties soos sy voorgangers te wees.
Meer as 59 100 kopieë van hierdie uiters gewilde reeks is al verkoop.
***
Elle’s matric year is off to a disastrous start. Things aren’t going well between her and Alex, her boyfriend. And Gravitas has a new acting headmaster who doesn’t care about the proud school traditions. Elle is desperate to save the day – but it might cost her her head girl badge…

 

Onwillig verlief Afrikaanse eBoeke

Price: Check Price
Hierdie is ’n mega-omnibus van Marijke Greeff se vorige Kaapse liefdesverhale bestaande uit Esmeralde, Seerower vir Shakira en Markies vir Melesinda. Esmeralde:By haar agtiende verjaarsdagbal ontmoet Esmeralde die baie aantreklike René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is ’n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig […]

Onwillig verlief
Marijke Greef
R295,00
ISBN 9780799386806
Hierdie lekkerleesmega-omnibus is net reg vir die vakansie wat voorlê! Dit bevat drie van Marijke Greeff se vorige Kaapse liefdesverhale: Esmeralde, Seerower vir Shakira en Markies vir Melesinda.
Esmeralde
Net nadat Carmelita Fernandez aan ’n dogtertjie geboorte gegee het, sterf sy, maar nie voordat sy haar man, Diego, versoek om die kindjie Esmeralde te noem nie. Diego het sy sigeunervrou hartstogtelik liefgehad en daarom stem hy in tot die sigeunernaam.
Toe sy grootword, het Esmeralde dan ook al die vuur en eiesinnigheid waarvoor sigeuners bekend is – en haar oorlede moeder se donker, eksotiese skoonheid.
Met haar agtiende verjaarsdag reël haar ouma ’n groot bal, met die hoofdoel om Esmeralde aan hubare mans voor te stel. By die bal ontmoet Esmeralde die baie aantreklike donker René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is ’n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig getroud is met ’n erg ontroue vrou wat met iemand konkel om al die Courtelle-skatte in die hande te kry.
Seerower vir Shakira
In ’n dobbelspel word Shakira deur haar pa aan ’n seerower verpand – Raoul Monserat, dodelik aantreklik, dodelik gevaarlik, kaptein van die seerowerskip die Swart pêrel.
Monserat is legendaries, word gevrees en verafsku – hy’s wreed, meedoënloos, pleeg gruweldade, onteer vroue…
Op die Swart pêrel word hulle teen haar sin in die eg verbind, en Shakira weet – een of ander tyd gaan dié onvoorspelbare, kil man sy huweliksregte opeis.
Hy word vir haar ’n raaisel, sy optrede strook nie altyd met sy reputasie nie. Sy weet hy gebruik haar net as ’n skans in sy soektog na die skat, maar hoe langer sy Monserat ken hoe minder wíl sy haar teësit. Is hy werklik wie hy voorgee om te wees?
Markies vir Melesinda
Dis die geheimsinnige Nagvalk met sy strelende mond en beskermende arms wat Melesinda se hart en gedagtes sedert haar aankoms in Frankryk vol lê.
Maar met die markies Beamont du Brecy moet sy trou.
Aan haar seerowerbloed dra sy swaar, maar dit stuit Beau du Brecy nie. En ter wille van die markiesin Du Brecy sal sy met die markies trou. Al behoort haar hart aan die Nagvalk.
Beau ontken die Nagvalk se bestaan, al red hy Melesinda keer op keer.
Terwyl Beau oorheers word deur wraak ná sy suster se dood, raak Melesinda al hoe meer verward – is dit moontlik dat ’n vrou terselfdertyd tot twee sulke uiteenlopende mans aangetrokke kan voel?
***
Swashbuckling love on the high seas! Gypsies. Masked heroes. Say no more! Love is in the air!

Liefste omgeeman Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Janika het ná haar ouers se dood op haar werk gefokus en met sukses ’n dik en baie hoë muur om haar hart gebou. Maar majoor Brink Lategan en sy helder grys oë vind ’n swak plek in die muur … en haar hart.

Liefste omgeeman
Petronel Louw
R85,00
ISBN 9780799386776
Janika het ná haar ouers se dood op haar werk gefokus en met sukses ’n dik en baie hoë muur om haar hart gebou. Maar majoor Brink Lategan en sy helder grys oë vind ’n swak plek in die muur… en haar hart.
Ons eie spioen-Romanza! Bietjie aksie en liefde vermeng. Beide die held en heldin werk vir ondergrondse netwerke wat misdaad bekamp.
***
After her parents’ death Janika focused on her work and used her success to build a wall around her heart. But major Brink Lategan and his bright grey eyes find a weak spot in this wall… and her heart.

 

Verbode liefde Afrikaans eBoek

Price: Check Price
Zoey ontmoet die enigmatiese dokter Jano Marnitz terwyl sy met vakansie in Parys is. Hy ontwikkel ’n obsessie om haar gesig, wat in ’n motorongeluk beskadig is, te herstel. Het hy dalk gevoelens vir haar of is dit slegs sy doktersinstinkte wat inskop?

Verbode liefde
Alma Carstens
R85,00
ISBN 9780799386714
Zoey ontmoet die enigmatiese dokter Jano Marnitz terwyl sy met vakansie in Parys is. Hy ontwikkel ’n obsessie om haar gesig, wat in ’n motorongeluk geskend is, te herstel. Het hy dalk gevoelens vir haar of is dit slegs sy doktersinstinkte wat inskop?
***
Zoey meets the enigmatic doctor Jano Marnitz whilst on holiday in Paris. He develops an obsession to fix Zoey’s face which was badly scarred in an accident. Does he have feelings for her or is it simply his doctor’s instincts that have been activated?

Gister is lankal verby Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Om sy voete teen die warm sand te beskerm, tel Lia ’n seun by die strand op en ontmoet sy mooie, maar moeilike pa, Viljé. Sy weet sy moet wegbly van hulle, maar die oulike seun steel haar hart − ’n talent wat hy blykbaar met sy pa deel.

Gister is lankal verby
Salomé Schutte
R85,00
ISBN 9780799386745
Om sy voete teen die warm sand te beskerm, tel Lia ’n seun by die strand op en ontmoet sy mooie, maar moeilike pa, Viljé. Sy weet sy moet wegbly van hulle, maar die oulike seun steel haar hart − ’n talent wat hy blykbaar met sy pa deel.
***
When Lia picks up a child on the beach to protect his feet from the warm sand, she meets his attractive, but difficult father Viljé. Lia knows she should stay away from them, but the cute boy steals her heart. A talent he seems to have inherited from his father.

 

Op die sypaadjie Afrikaans eBoek

Price: Check Price
Armin is te befoeterd vir Sabrina en Sabrina verkies surfers met sexy bolywe wat nie heeldag werk nie. Maar dan leer sy hom van feng shui en hy begin wonder of sy dalk die yin van sy yang is.

Op die sypaadjie
Elsa Winckler
R85,00
ISBN 9780799386370
Lokteks: Armin is te befoeterd vir Sabrina en Sabrina verkies surfers met sexy bolywe wat nie heeldag werk nie. Maar dan leer sy hom van feng shui en hy begin wonder of sy dalk die yin van sy yang is.
***
Armin is too headstrong for Sabrina’s liking and Sabrina prefers surfers with sexy abs who don’t work all day long. But then she teaches him about feng shui and he wonders if she could be the yin of his yang.

myafrikaans

Sorry, user comments are closed for this post.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close