Jagveld: Afrikaanse eBoek

 

Jagveld (Afrikaans Edition)

Price: Check Price
Vir die eerste keer is vier van Deon Meyer se Afrikaanse filmdraaiboeke nou saam gebundel: Jakhalsdans: Die jong weduwee en onderwyseres Mara Malan wil keer dat die skooltjie op Loxton sy deure sluit. ’n Musiekkonsert kan uitkoms bring, maar Ruan Landman, die beroemde sanger wat hier woon en die ideale hoofkunstenaar sou wees, het ontaard […]

Hoe lyk ‘n draaiboek?

Hoe skryf ‘n mens ‘n draaiboek? Hoe skryf jy ’n briljante draaiboek wat miljoene rande by die loket sal verdien?

Waarom skryf jy enigsins rolprente?

Waar kan ek leer oor draaiboeke? Wat is die verskil in skryfbenadering tussen ‘n draaiboek en ‘n roman? Waar kan ek een van jou draaiboeke in die hande kry? Ons het die fliek gesien, nou wil ons die boek lees. Waar kan ons dit koop? Gaan jy ‘n boek skryf oor dié fliek? Gaan jy ‘n fliek maak oor dié boek?

Dit is van die draaiboek-vrae wat byna daagliks in Deon e-pos se inmandjie beland, om nie eens te praat van Facebook-boodskappe nie. Kort nadat ‘n fliek in teaters gedraai het, word soortgelyke vrae ‘n konstante stroom wat weke lank kan aanhou. Hierdie boek is in die eerste plek bedoel om vier stories as alternatiewe lekkerlees-ervarings aan te bied – veral omdat hulle nie in die gewone roman-formaat beskikbaar gaan wees nie. Maar dit is ook ’n poging om die grootste meerderheid van daardie vrae te beantwoord.

Dit bevat vier rolprent-draaiboeke van flieks wat reeds gemaak en algemeen beskikbaar is. Een is volledig op ’n kortverhaal gebaseer – Die Ballade van Robbie de Wee. Twee is minstens breedweg geïnspireer deur van Deon se kortverhale: Jakhalsdans deur Bottervisse in die Jêm, en Die Laaste Tango deur Verslag oor ’n Verdwyning.

En Jagveld is ’n oorspronlike draaiboek wat nie op enige vorige skryfwerk gebaseer is nie.

Ons hoop jy sal die boek (en die flieks) geniet, selfs al het jy nie ’n enkele vraag oor draaiboeke of flieks nie.

Silwerskerm Teaser || Jagveld 2017

Hier is nog ‘n voorsmakie van wat julle kan verwag in Jagveld!Onthou, daar is weer pryse op die spel! “Share” die lokprent sodra jy die self gekyk het, en jy…

‘Die Ballade van Robbie De Wee’ (trailer) Feat. Marno van der Merwe

Talent-ETC Artist Marno van der Merwe in the ‘Die Ballade van Robbie De Wee’ Feature.©All rights reserved. Copyright belongs to the respective owners.To get …

Deon Meyer se webwerf

Tags: , ,
myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close