Die blou van onthou [The Blue Remembered] Afrikaanse Audioboek

Price: Check Price Amazon.com Price (as of March 19, 2024 9:14 am - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

Hierdie publikasie van Marita van der Vyver is ʼn wydstromende rivier van ʼn roman, ʼn boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings. Die verhaal word vertel vanuit die perspektief van drie opeenvolgende generasies – drie vroue wat reageer op mekaar en hul tyd. Hulle lewe in spanning, tussen weggaan en moet bly, en tussen vergeet en móét onthou, omdat onthou die enigste skakel is wat hulle nog met die oerbron van hul bestaan verbind. Dié skakel in die verhaal word verskaf deur Colette Cronjé, die oudste van die vroue wat as t’ ware na die oorsprong teruggedwing word wanneer sy ʼn brief ontvang van haar lank verlore kleindogter, Tina. Deur dié onverwagse kontak begin Colette onthou, en sy begin vertel, want Tina is op die spoor van die familiegeskiedenis – en onderweg na Portugal, waar alles begin het. ʼn Leeftyd lank het Colette dit reggekry om daardie vroeë episode te verdring. Nou word sy gedwing om dit wat sy destyds so jubelend in haar joernaal beskryf het, opnuut in herinnering te roep. Sy word weer gekonfronteer deur Tina se biologiese ma, háár dogter, se desperate verset teen haar herkoms, haar kultuur, die land se politieke bestel. En dit ruk haar terug na die omstandighede wat haar jare gelede alle kontak met haar kleinkind ontneem het. Wanneer haar ouers kort ná mekaar sterf, spoor Tina haar bejaarde ouma op en laat haar vertel: Van Portugal. Van haar dogter, Nandi, wie se verset so ver gestrek het dat sy haar kind laat aanneem het en alleen oorsee is om te sterf. En die verhaal wat sy hoor, laat Tina besluit om terug te loop op die spore… in die hoop om haar herkoms op sy felste te belig. Die blou van onthou is deels ʼn Afrikanergeskiedenis, deels die geskiedenis van ʼn bepaalde familie. Marita van der Vyver laat jou vir hierdie familie soveel omgee dat hulle geskiedenis ten slotte voel soos jou eie – deur nuwe oë gesien. Please note: This audiobook is in Afrikaans.

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close