Katarsis (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price Amazon.com Price (as of March 19, 2024 10:45 am - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

Hardus Hartman, ’n nege en dertigjarige prokureur van Pretoria bevind hom by ’n troue in Franschhoek. Hy was deurentyd bewus dat Natalie, sy vervreemde vrou, ook ’n gas sal wees en is hoopvol dat hy dinge tussen hulle kan red.

Kort voor die bruilofsfees op La Petit Chateau afskop, stel ’n kollega Hardus telefonies in kennis dat “Lennie die Lem” ontsnap het en op vrye voet verkeer. Lennie is ’n gevreesde dwelmhandelaar, vervaardiger van kinderpornografie en ’n pedofiel. Gegewe die feit dat Lennie Hardus na afloop van sy strafsaak met die dood gedreig het, is dit ontstellende nuus.

’n Dreigende bewindsverandering by die firma gooi ’n stok in die speke van Hardus se vakansieplanne en dra die die noodlot verder daartoe by dat sy lewe soos handomkeer verander. Hy moet behoorlik bontstaan om die aanslae van die lewe af te weer.

Terselfdertyd is die geniale Abigail Cloete, ’n graad 12-leerling aan Lynnwood Hoër in Pretoria, se verhouding met haar ouers besig om ernstig te verbrokkel. Volgens haar het sy geen ander keuse as om buitengewone opsies te oorweeg nie. Gebeure stuur haar op ’n koers waar haar pad onafwendbaar met die van Hardus Hartman kruis.

Die lewe gebeur.

  • Product ID: 163272
  • Manufacturer: Henning Janse van Vuuren
  • Category: , ,
  • Published: May 31, 2017
  • Availability: Check
  • Product price last updated: 4 years ago

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close