’n Maagd as sy prys
Haar ontwaking: Romi Grayson, erfgename uit San Francisco, het slegs ’n voorsmaak van Maxwell Black se verslawende soort verleiding gehad. En sy weet sy behoort weg te bly . . . veral toe sy ontdek presies hoe vasbeslote hy is om haar te besit!
Sy huweliksaansoek: Max beroem hom daarop dat hy altyd in beheer is. Tog glip Romi onder sy skanse van onaantasbaarheid in – en stap dan weg. Nou is hy gedrewe om te voltooi waarmee hulle begin het.
Die topprys! Die Russiese sakemagnaat stuit vir niks, nie eens afpersing nie, om Romi warm en gewillig in sy bed te kry. Boonop sal haar onskuld sy lang verwagte verowering nog soeter maak . . .