Springgety (Afrikaans Edition) (Gys-reeks)

Price: Check Price Amazon.com Price (as of March 19, 2024 7:46 am - Details)
  • Description
  • Additional Info
  • Comments (0)
  • Customer Reviews

Op Kruisbaai herhaal die geskiedenis homself en vra die dood tasbaar na siele. Dit weet Lily Reynecke egter nie toe sy Maja se voetspore daarheen volg in die hoop om haar lewe weer aanmekaargelym te kry nie.

Kort ná haar aankoms eis Springklip, die hoë krans waar reeds vier kruise staan, nog ’n lewe. Nog iemand wat gespring het. Of dalk gestamp is. Dalk deur Lily self in een van haar vergeettye? Dalk groot, beneukte Ben? Of beskerm Ben vir Kassie, sy verstandelik gestremde broer?

Gys Niemand, die bles speurder met sy boep, snor en voorliefde vir paais, ondersoek die saak teensinnig. Kruisbaai gee hom koue rillings. Wat is dit aan die plek dat dese en gene hulle so verlustig in ongeoorloofde vleeslikheid? Die visvrou, Annie Niemand, se postume wraak? Gerbrand Niemand se werkinge uit die hel? Of net die eensaamheid van ’n afgesonderde plekkie waar die maan en wind massas water hierdie kant toe stoot en daardie kant toe sleep?

Springgety is die eerste boek van vyf in die Gys Niemand-reeks.

“Chanette Paul slaag daarin om mens aan die wonder te hou, omtrent enigiemand kan die moordenaar wees, selfs die hoofkarakter. Sy hoef wat my aanbetref nie terug te staan vir Deon Meyer nie.”
– Chris van der Westhuizen

Koop die Afrikaanse eBoek hier.

  • Product ID: 145024
  • Manufacturer: LAPA Uitgewers
  • Category: ,
  • Published: December 5, 2016
  • Availability: Check
  • Product price last updated: 4 years ago

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

No reviews available for this product.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close