Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: Litnet

Alles begin met Anna (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Dis 1934. Poppie Nienaber is 22 jaar oud, en sy werk in die Haberdashery-afdeling in Mr Cristal se algemene handelaar op Bethlehem. Saam met haar ouer sussie, Anna, woon hulle in tant Nelie se losieshuis in die straat af, en haar broer Jannie kom kuier gereeld op ’n Sondagmiddag, sedeprekies en al. Poppie weet daar […]

LitNet Eerste Slukkie

Uittreksel

’n Regte ou droëntydsvoëltjie
Bethlehem, Mei 1935

“By wie leer ’n mens dan om lief te hê as jy nie ouers het nie?” Faan lig ’n rooiblonde wenkbrou. Hy haal die pyp uit sy mond en wuif met die steel in Poppie se rigting.

Poppie antwoord nie. Sy sit, knieë opgetrek, met haar rug teen ’n boom. Faan se baadjie hang aan ’n tak bokant haar. Kort-kort roer ’n ligte wind deur die boom en waai die baadjiemoue rond asof ’n onsigbare persoon onhoorbare musiek dirigeer. Dis irriterend, nes Faan se pogings om haar te ontleed.

Wat sal hy doen as sy dit met hóm doen? Kyk hoe sit-lê hy op sy een elmboog, sy lang bene op die reiskombers uitgestrek. Kyk hoe maer is hy, ’n regte ou droëntydsvoëltjie. En dink hy dalk sy yl snorretjie onderstreep die belangrikheid van sy aristokratiese neus? Eendag gaan sy hom dit nog vra.

“Poppie?”

“Hmm?”

“Ek het ge-. . .”

“O ja, die liefde. Ek weet tog nie, Faan. Eeue van nou af sal argeoloë miskien op my geraamte afkom. Dan kan hulle dit ontleed om te sien watter invloed ’n gebrek aan liefde op ’n mens se beendere het.” Hy glimlag net en skud sy kop.

“Ag, man!” sê sy. “Mens leer seker maar by ander mense? My eerste aand in die weeshuis toe ek vreemd en bang was, het ’n dogtertjie met haar koue voete by my in die bed kom klim en my ’n storie vertel. My ousus pamperlang en piep my op. Sy probeer steeds om my ordentlik groot te maak. My een broer probeer my die hemel in preek. Die ander een wys niks, maar . . .” Sy trek haar skouers op. “Miskien werk dit nie. Ek is nie juis liefdevol nie.”

Lees verder by litnet

 

Tags:
myafrikaans
One Comment Comments Feed:
  1. louw Erasmus

    Ek versprei my boeke deur Smashwords maar ek is nie tevrede nie. Van my vriende wil dit download maar hulle moet met dollars betaal. Of rekenings gaan oopmaak. Hoe kan dit oorbrug word

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close