Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz: ’n resensie

Blou is nie ’n kleur nie (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Die Vorsters herinner aan ’n sirkus, maar nie die ha-ha-en-oe-la-la-soort nie. Sedert die ongeluk bietjie meer as drie jaar gelede lag hulle almal se narbekke in blou, nie meer in sirkusrooi nie. En dis elkeen vir homself wanneer die brokstukke van die gesin in verskillende rigtings spat.Totdat Paternoster besluit om weer die Hoof van sy […]

Resensie deur Henriëtte Loubser

Soos wat ’n mens van ’n gouepryswenner in die Sanlam-kompetisie kan verwag, is hierdie boek ’n waardige ontvanger. Maar dit is terselfdertyd sóveel meer. Blou is nie ’n kleur nie slaan jou asem weg. Dit pluk aan jou binnegoed. Dit betrap jou onverhoeds in ’n leeservaring wat jou soms duiselig sal laat. Moenie dat die onskuldige voorblad jou flous nie. Hierdie is geen rit om sonder ’n stewige sitplekgordel aan te durf nie.

Vicky Vorster is 16 jaar oud. Haar gesinslewe is bykans ondraaglik na “die ongeluk” van drie jaar gelede. Paternoster (Onse Vader), soos wat sy na haar pa verwys, drink te veel en hy en haar ma, MD (Managing Director), baklei voortdurend. (Hierdie benoeming van haar pa blyk later, wanneer ’n diep geheim aan die lig kom, ironies en veelseggend te wees. Paternoster kan ook spottenderwyse verwys na iemand wat hoogheilig en uitermate vroom is.) MD is ’n uitstekende prokureur en “’n bulldog in pastelkleurige werkspakkies”, maar haar oplossing vir die krisis tuis is om haar “kop skoon te kry” en uit te trek. Ouma Nan, “bitterder as augmentin” en ’n oud-Rhodesiër, bly agter en vererger net sake met dié dat sy nie ’n goeie woord oor Paternoster te sê het nie. Nan is immers die “driekampkampioen in mor, moan en mislik wees”.

Voorts besluit Paternoster om weer as Hoof van sy Eie Huis (sy eie heiligdom) die beheer oor te neem.

Vicky se ouer suster, Rina (“die queen”), is bitsig en snedig teenoor haar. Tog skuil daar agter hierdie bravade ’n diep seer, wat daartoe lei dat dié agtienjarige matriekmeisie haar bed snags natmaak en akademies swak vaar.

Die pa se besluit om na Nieu-Seeland te emigreer word nooit volvoer nie, maar word eerder ’n innerlike reis van soeke na oplossings vir die verswelgende angs en die uitdagings wat ’n verbrokkelende gesinslewe aan elk van die karakters stel.

In hierdie jeugboek kulmineer vrese oor die toekoms, disfunksionaliteit en ander bagasie van gesinslede in een meesleurende, ontstigtende verhaal. Die temas is ernstig en ontstellend, maar dit is geen wroegroman nie. Hier en daar help ligte humor en spitsvondige taalgebruik die leser met die verteringsproses, maar oor die algemeen “lag almal se nar-bekke in blou, nie meer in sirkusrooi nie”, want hierdie is nie ’n “ha-ha-sirkus” nie. Dis ’n werklikelewedrama van ’n gesin wat verbrokkel onder die aanslag van angs, van alkoholmisbruik, van intense verlies en van die realiteit van oorleef in ’n land waar witwees nie meer oplossings bied nie. Dis ’n tragiese verhaal van skuldgevoelens en van die versmorende druk van die logge “Olifant in die Vertrek” – die dood van ’n jonger kind en boetie.

 

Lees verder

myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close

We are using cookies on our website

Please confirm, if you accept our tracking cookies. You can also decline the tracking, so you can continue to visit our website without any data sent to third party services.