Misverstand deur Marita van der Vyver, ‘n resensie -litnet

Misverstand (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem.Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n […]

Yolanda Wessels

Resensies

2017-03-06

Soos met al Marita van der Vyver se vorige boeke (op die agterblad: “tientalle romans, ’n bundel kortverhale, talle kortverhale, humoristiese essays” – die lys is lank), is haar nuutste, getiteld Misverstand, boeiend vanaf bladsy 1.

Dié skrywe is beslis geen misverstand nie, maar lê klem op soveel basiese lewenselemente, van liefde, vertroue, geloof, wanhoop, middeljarig- en sterflikheid, die vraag wáár ’n mens werklik hoort, wát sukses werklik is en beteken vir verskillende mense … Op ’n manier word dié kwessies onder haar vernuftige skrywerspen ontrafel. Van blote fiksie, tot ineenverstrengel met die alte werklike terreuraanvalle wat Parys se fondasie geskud het en almal wantrouig na mekaar laat staar het.

Weer eens is haar hoofstukke deurspek met vlymskerp humor en pittige vergelykings wat my soms laat wonder het hoekom ek nog nie vantevore hierdie pittighede elders raakgelees het nie. Asof Marita nie net swanger is en geboorte gee aan ’n karakter, emosies en ’n boek, ’n storie nie, maar die aardsmoeder is van soveel nuutskeppings, verwysings en vergelykings. Die feit dat sy Willem Prins, ’n man, lewe gee in Misverstand en subjektief spekuleer oor medeskrywers, oftewel teenstanders, bied dieper insae in die wroegings en worstelings van ’n skrywer, die kompetisie daar buite, die smagting na erkenning, sukses, trefferboeke en topverkopers, syfers, die droom om ná jou afsterwe steeds onthou en saam met die groot name genoem te word.

Soos met Marita se vorige boeke sal haar getroue lesers, volgelinge en bewonderaars weet jy kan maar regskuif dat ’n ding genoem word soos wat hy is. Of jou bril nou gaan opwasem of nie, dis ’n ander storie! Steeds laat dié seksuele verwysings my egter nie ongemaklik nie, nie toe ek ’n konserwatiewe hoërskoolmeisie was wat Dinge van ’n kind en Griet skryf ’n sprokie gelees het nie, en ook nie nou as volwasse vrou nie. Sy doen dit allermins platvloers, maar meer met ’n vonkel in die oog, ’n onweerstaanbare glimlag wat pluk aan ’n mondhoek en ’n rosige blos op die wange. Marita is ’n stylvolle vrou en skrywer en dié boek verleen hom merendeels aan die innerlike wroegings wat ieder en elk van ons die een of ander tyd ervaar. Sy kwyt haar goed van haar taak en laat mens self wonder oor die wie, wat, waar van jouself. Dinge wat Willem anders kon gedoen het, maar nie het nie, en nou loop die tyd uit vir waarna hy uitsien, ’n ander kontroversiële punt in die boek. Dit herinner ook sterk aan “carpe diem”, gryp die dag, want môre kan letterlik te laat wees of vir altyd verander wees. Soos ons aanstap, maak ons tog geskiedenis – en dít kan nie verander word nie. Jy kan wel regmaak, verbeter op keuses namate jy die toekoms instap; maak die beste van nou, gryp geleenthede aan, lééf. Omstandighede forseer jou soms om te móét leef, mét jou samewerking of daarsonder. Leef sal jy leef. Met of sonder sukses en flambojante boekpryse, Willem Prins.

Lees verder!

myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close