Boekresensie: Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger Litnet

Een nag en ‘n bietjie (Afrikaans Edition) eBoek #eBoeke

Price: Check Price
Daar was die dag voor die gebeure, en die dag daarná. En dan was daar die nag tydens. Nooit weer sal Margaretha se lewe dieselfde wees nie. Een gewone weeksaand is sy en haar man in hul plaaswoning tussen Middelburg en Groblersdal beroof en ontvoer. Wonder bo wonder het hulle albei die nag oorleef. ​Een […]

Martie Retief-Meiring Resensies

Margaretha du Plessis en haar man Johannes word in ’n plaasaanval ontvoer. Die bestuurder, een van drie aanvallers, bestuur die Du Plessis-bakkie onhandig en swenk gevaarlik deur koppies in ’n donker verlatenheid. Die bakkie se petrol raak op. Margaretha word beveel om saam met een van die aanvallers, ’n donker reus van ’n man, in die bosse langs die pad te wag tot die bakkie in die dorp brandstof kan kry.

By die vulstasie in die stil dorp word Johannes se bankkaart nie aanvaar nie.

Margaretha lê in die bos by die stilswyende reus. Sy begin besef dat die ander aanvallers nie gaan terugkom nie. Dan rits die reus sy gulp oop.

Jou – die leser se – spanningsvlak is nou so hoog dat jy te bang is om verder te lees. Jy sug, hou asem op, en lees dan verder. Op geen manier kan jy die boek neersit nie.

Hester Kruger het hierdie meevoerende verhaal op ware gebeure gebaseer. Die amper onderbeklemtoonde dwingendheid van die gebeurde daardie nag en die tyd daarna skep tog die indruk dat die waarheid hier veel, veel groter as enige moontlike fiksionalisering kan wees. Selfs die gebruik van die derdepersoonsvertelling laat die leser nie glo dat die verloop van daardie nag en die gevolge daarna ’n werklikheid was nie.

Die nag en Margaretha se ontsnapping word knap, amper filmies, deur Hester Kruger beskryf. Margaretha skeur haar hemp en kuitbroek in die bos. Sy beland in ’n rivier; daar is diep poele, baie klippe. ’n Skielike bondel lig is ’n swerm gloeiwurms. ’n Magiese element doem in die donker op met die verskyning van die weiende bokke op die rivierwal.

Die nag word lig. Uiteindelik strompel sy kaalvoet by die nabygeleë dorp die polisiestasie in.

Die bure wil help. Kinders kom van oorsee af. Berading word gegee. Binne weke word nog plaasaanvalle bekend gemaak. Margaretha moet baie later in die hof getuig.

Terugflitse na haar jeug met die speel saam met Lerato en Mpho (Maponyane, aan wie die boek opgedra is) is aanvanklik bloot lekker herinneringe tot dit in uiteindelike begrip én skok verander wanneer ’n onverwagse herontmoeting op ’n baie later ouderdom plaasvind.

So ’n ontmoeting? Die skryfster skryf in haar nawoord dat hierdie herontmoeting inderwaarheid plaasgevind het, asook die agt verdere plaasaanvalle in hul buurt.

Hier is ’n besonderse boekvertelling in ’n besonderse styl.

myafrikaans

Leave a reply

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close