Bloedlyn #eBoeke

 

Bloedlyn (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene. Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker […]

Org Potgieter

Resensies

Lesers wat Monstersaad geniet het, gaan nog meer van Bloedlyn hou. En as jy ook nie Madelein Rust se debuut, 13de Kaart, gelees het nie, is dit dalk tyd dat jy kennis maak met die werk van een van die heel belowendste ontluikende skrywers van misdaadfiksie.

Bloedlyn is, soos sy voorgangers, alles wat ‘n mens van ‘n misdaadboek kan verwag, maar nog beter: ‘n Goeie, geloofbare en oortuigende storie met genoeg wendinge en raaiselagtige gebeure wat jou aan die lees sal hou.

Die verteller slaag enduit daarin om haar speurders en die lesers op dwaalspore te lei en uiteindelik met ‘n baie goeie ontknoping te kom. Daar is ook ‘n lang lys verwysingsbronne wat bydra tot die geloofwaardigheid van die inhoud en die baie katoeters wat gebruik word.

Bloedlyn is in baie opsigte ‘n voortsetting van Monstersaad. Renata Malan glo en stry self teen die genetiese oorwerwing van die misdaadgene nadat haar pa sy eie familielede en tien lede van ‘n pedofielkultus vermoor het. In Bloedlyn begin daar 31 jaar ná hierdie moordsiklus weer ‘n reeks moorde wat al die tekens dra dat haar pa (wat uit die tronk ontsnap het) weer besig is om aan sy sosiopatiese neigings uiting te gee.

Met die hulp van haar twee firmavennote en ‘n polisieman begin die soektog na haar pa in alle erns nadat die jongste moorde al die leidrade verskaf dat hy die skuldige moet wees. Of is daar iemand wat op ‘n briljante manier besig is om van haar pa die sondebok te maak.

Renata moet besluit tussen reg en geregtigheid – haar pa is immers reeds ‘n moordenaar op vrye voet, maar hy is ook die man met wie sy as jong kind ‘n baie liefdevolle verhouding gehad het. En presies hóé skuldig is ‘n sosiopaat aan sy vorige moordtog nadat hy drie dekades lank niemand vermoor het nie?

Hierdie verskeurdheid in haar gemoed vorm die kern van die verhaal. Sy en haar helpers begin alles in  hul vermoë doen om haar pa, George Alfred Hill, op te spoor. Maar tussendeur leef die hoop tog in Renata dat daar iemand anders is wat nou vier vroue vermoor en hul liggame in aandrokke op vullishope gelaat het. En tog is die liggings van die ashope almal baie betekenisvol en hou hulle verband met haar en haar pa se verlede.

Die vermoordes het geen verband met pedofilie nie en is almal jonger vroue wat hul naels in ouer mans ingeslaan en met hul skoonheid op dié se  rykdom begin teer het. Dit klink nie na haar pa nie, of  is hulle straks die naasbestaandes van pedofiele? Maar dan duik daar geheimsinnige e-posse op met inligting waaroor net sy en haar pa beskik …

Intussen begin iets wat op ‘n verhouding kan uitloop tussen Renata en die afgevaardigde polisieman. Dan volg ‘n aanslag op die lewe van ‘n vennoot, terwyl nog een vir dwelmbesit aangekla word en die verhaal verdiep weer …

lees verder

Tags:
myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close