Slavin : Afrikaanse eBoek

Slavin: ‘n Roman (Afrikaans Edition) Afrikaanse eBoek

Price: Check Price
Tjalie, hans-kind van van Fierie Cagn en inwoner van die strand-dorpie Bokkomlaan, vind uit dat sy ‘n plaas in Franschhoek ge-erf het. Op die ingewing van die oomblik stel sy haarself as ‘n plaaswerker voor en gaan werk in die Groot Huis as huishoudster vir die Maliks, wat oortuig is dat hulle, as enigste naasbestaandes, […]

In Bokkomlaan op die Weskus, bly Tjalie, die aangenome dogter van visserman Fierietjies Cagn.  Met sy afsterwe vind sy uit dat haar regte Pa, Hans Geringer, op dieselfde dag omgekom het en aan haar ‘n wynplaas in Franschhoek bemaak het.  Dit is die eerste keer dat sy daarvan bewus gemaak word dat haar biologiese Pa ‘n wynplaas besit het en dat haar Ma Rachel met haar geboorte oorlede is.  Rachel was een van die plaaswerkers.

Tjalie is gelukkig op Bokkomlaan en haar werk by Ta’ Bess in die Vishuis Restaurant.  Daar is nie veel wat sy van die wêreld aan die ‘anderkant van die brug’ nie wil weet nie, maar is tog nuuskierig om meer te weet van haar regte familie. Sy het geen planne om van Bokkkomlaan af te trek nie en besluit sy  wil die plaas aan die plaaswerkers skenk.  Ta’Bess stel voor dat sy hulle eers gaan ontmoet.

Daar aangekom, besluit sy op die ingewing van die oomblik om  haarself as ‘n plaaswerker voor te stel.  So gaan werk sy  in die Groot Huis as huishoudster vir die Maliks, wat geen benul van haar bestaan het nie en daarom aanneem dat hulle, as enigste naasbestaandes, die plaas sal erf.

Tjalie leer die Maliks en elke plaaswerker ken en vind uit dat almal op die plaas op een of ander manier familie van mekaar is, en so-ook van haar.  Almal behalwe vir die interessante Gerrie, ‘n kunstenaar wat in die Jonkershuis woon.

Sonia Campbell-Gillies slaag daarin om met haar vertelling die tipiese karakters van die Kaap en hul lewens op die Weskus uit te beeld.

Die gevolg is ‘n Roman wat jy nie maklik sal neersit nie.

Sonia Campbell-Gillies is ‘n voltydse skrywer en kunstenaar wat in Hillcrest, Kwazulu natal woon.  Sy was gebore in Pretoria en soos meeste Suid-Afrikaners het sy‘n ingebore liefde vir haar land en sy mense, maar geniet dit ook om te gaan kyk hoe mense in die buiteland leef.

In haar tweede boek, The Rainbow Princess (Skrywersnaam: Sofiya de Haviland) word ‘n jong meisie van Kaapstad se drome bewaarheid wanneer sy na Lake Como Italië gestuur word vir opleiding as kok in die kombuis van ‘n villa wat aan die aantreklike Count Rossini behoort.  Dit trant is lig en vol humor en geskik vir mense wat vir ‘n paar uur van die werklikheid van alledaagse bestaan wil wegkom.

Life From Stone: In 1939, as first the Russians and then Germans sweep across Ukraine, 13 old Pasha survives a year in a labour camp before being drafted as a soldier to fight in the Russian army.

Price: Check Price
The last day of Polish occupation, the first day of Russian take-over was Sunday, the 23rd of September 1939, a beautiful day for summer picnics or a drive in the country. We knew that the Germans were advancing swiftly along the entire front but somehow we had become blind to the very real danger it […]

The Rainbow Princess: The Girl who grew up in the Cathedral’s belfry tower goes to Italy and becomes a Princess

Price: Check Price
When Max decides to go for an interview to land a job as Head Chef at a prestigious Waterfront Restaurant in Cape Town, she suddenly finds herself flying to Italy by order of the new owner. She is sent on a cooking course, but is unwittingly introduced to high society as Princess alKhawatial-Maqasari. To add […]

 

 

Tags:
myafrikaans

Leave a reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

New to site? Create an Account


Login

Lost password? Close

Already have an account? Login


Register an account

Close

Forgot Password

Login Close